Ongeluk in Mpumalanga eis lewe van nege

(Argieffoto: Hansie Linde)

Nege mense is Saterdagaand dood toe ʼn sedan en ʼn ligte afleweringsvoertuig op die R35 tussen Morgenzon en Amersfoort in Mpumalanga gebots het. Die voertuie het omstreeks 22:00 reg van voor gebots.

Volgens Vusi Shongwe, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, is al nege mense – insluitend die bestuurders van die voertuie – op die toneel dood verklaar.

“Die oorsaak van die botsing sal deur ʼn ondersoek bepaal word, wat tans onderweg is. Daar is egter vasgestel dat die ongeluk moontlik veroorsaak is toe een voertuig ʼn ander een gevaarlik verbygesteek het.”

Shongwe sê hy is bekommerd oor voortslepende padsterftes wat in baie gevalle deur die verontagsaming van padreëls veroorsaak word. Spoed en voertuie wat ander verbysteek is as van die vernaamste oorsake van motorongelukke tydens die vorige feesseisoen geïdentifiseer.

“Trompop botsings, spoed en voetgangersterftes bly van die grootste uitdagings waarop ons in hierdie feesseisoen sal fokus. Ons doen ʼn beroep op padgebruikers om saam met ons te werk om ongelukke op die pad te verminder.”

Shongwe het ʼn verdere beroep op motoriste gedoen om padreëls te alle tye te gehoorsaam en paraat te wees op die pad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Nie Verbaas ·

Ek sien daagliks hoe sekeres by die klein verkeers sirkels kortpad vat om byvoorbeeld die derde uitgang te vat en hoe n rooi verkeerslig niks vir hulle beteken nie. N mens weet ook nie of dit onvermoë of arrogansie is wanneer daar afstand geskat moet word nie. Die gedurige versoeke om padreëls na te kom kan net sowel aan mure gerig word. Mense betaal met hulle lewens as gevolg van die arrogansie of onvermoë.

Caroline ·

More fines should be issued then there will not be a shortage of funds to fix the roads and people will obey the road rules better

Yvonne ·

Bestuurders se arrogansie ken geen perke nie…duur prys om te betaal

Christine ·

Dis omdat soveel lisensies gekoop word en onse mense nie deur die leerling lisensie roete gaan nie. Hulle weet nie wat die pad reëls beteken nie, verstaan nie sperstrepe, padtekens en sirkels nie en weet nie wanneer om te ry by verkeersligte wat nie werk nie. Dan praat mens nie eens van die hordes wat doodeenvoudig sonder ‘n lisensie bestuur nie. Ons paaie is’ n slagveld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.