Ontbinde liggaam in rivier gevind

Argieffoto: Facebook

Argieffoto: Facebook

Die erg ontbinde liggaam van ʼn man is Sondag in die Gcuwa-rivier in Butterworth in die Oos-Kaap gevind.

Kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, het gesê ʼn lid van die publiek het die drywende liggaam in die rivier opgemerk en die polisie ontbied. “Die liggaam was reeds in ʼn gevorderde stadium van ontbinding gewees,” het hy gesê.

Manatha het gevra dat enigiemand met inligting wat kan help om die man te identifiseer die Butterworth-polisiekantoor by 047 401 1100 skakel.

ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.