Ontploffing by huis lei tot reuseperlemoenvonds

Die ontploffing het grootskaalse skade aangerig maar ook ’n reusevonds van onwettige perlemoen blootgelê, (Foto: SAPD)

’n Gasontploffing by ’n huis in Motherwell het die Oos-Kaapse polisie tot ’n reusevonds van onwettige perlemoen met ’n beraamde straatwaarde van meer as R1 miljoen gelei.

Die huis – ingerig om perlemoen uit te droog – is Vrydagaand feitlik vernietig met slegs een vertrek wat ná die ontploffing behoue gebly het.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, sê polisiebeamptes is omstreeks 21:50 na die verwoeste huis in Ncwazistraat ontbied waar hulle op waaiers, gasbottels en 2 227 eenhede perlemoen in die huis afgekom het.

Die huis is sowat ses maande gelede verhuur. Geen verdagtes is egter op die toneel gevind nie.

Die ontploffing het grootskaalse skade aangerig maar ook ’n reusevonds van onwettige perlemoen blootgelê, (Foto: SAPD)

Naidu sê die polisie in Kariega se veediefstal- en bedreigdespesie-eenheid ondersoek nou ’n saak van kwaadwillige beskadiging van eiendom, asook die oortreding van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne, aangesien die fasiliteit sonder enige permit bedryf is.

Die polisie doen intussen ’n beroep op mense met inligting oor waar die verdagtes hulle bevind om na vore te kom en AO Raymond Ley by 082 441 7985 of 041 996 3340 te bel.

Brig. Thandiswa Kupiso, die waarnemende distrikskommissaris van Nelson Mandelabaai, doen ook ’n beroep op lede van die publiek om enige verdagte aktiwiteite in hul woonbuurte by die polisie aan te meld.

“Die onus rus ook op huiseienaars wat hul eiendomme verhuur om dié eiendomme soms te besoek en te inspekteer. Ons sal nie toelaat dat misdadigers hul onwettige handel onder die neuse van wetsgehoorsame burgers beoefen nie,” het Kupiso gesê.

Die ontploffing het grootskaalse skade aangerig maar ook ’n reusevonds van onwettige perlemoen blootgelê, (Foto: SAPD)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Pablo ·

Was dit nie vir die ontploffing nie sou die polisie nooit geweet het nie. Useless beyond belief.

Francios ·

Daar is nie so iets soos “karma” nie en selfs die beskrywing daarvan deur die mense wat daarin glo is dat dit te doen het met jou voorbeeld in jou huidige lewe waarvoor jy beloon/benadeel word as jy reinkarneer (ook bog)
Gebruik eerder die slagspreek, “die wiel het gedraai”

JohanR ·

Was die perlemoen al klaar gaar toe die overhede daar aankom?

Willem ·

Dis ROU perlemoen wat op rakke GEDROOG word. Dit word nie gaar nie maar sover ek kan uitmaak op die foto’s is dit al in ‘n gevorderde stadium van droging.

Swerwer ·

Wys net weereens dat die SAP maar kan ontbind en die Privaat Sekuriteitsmaaskappy oorneem.

Papsak ·

Gee die sekuriteit n kans hulle beter wakkerder as plisie vinniger op n plek en doen hulle werk voluit bravo vir sekuriteit manne

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.