Ontsnapte moordverdagte weer vas

Die hooggeregshof in Johannesburg. (Foto: Christel Cornelissen)

’n Moordverdagte wat vroeër vandeesmaand uit die Johannesburgse hooggeregshof ontsnap het, is sowat drie weke later weer in hegtenis geneem.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, sê Africa Nkuna is een van 850 verdagtes wat oor die naweek in Gauteng in hegtenis geneem is.

Nkuna was een van vyf gevangenes wat op 9 Desember ʼn poging aangewend het om uit die hooggeregshof te ontsnap. Drie van Nkuna se medepligtiges is egter gevang nog voordat hulle die hofgebou kon verlaat en ʼn ander is doodgeskiet. Nkuna was die enigste wat daarin kon slaag om te ontsnap.

Volgens Masondo is Nkuna oor die naweek weer in hegtenis geneem toe die polisie in samewerking met die Kagiso-misdaadvoorkomingseenheid ʼn minibus in die omgewing van Kagiso afgetrek het.

ʼn Aanklag van ontsnapping sal by die bestaande aanklagte van moord teen Nkuna bygevoeg word.

Byna 200 van die 850 verdagtes wat oor die naweek in hegtenis geneem is, is gedurende padblokkades in Johannesburg aangekeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.