Ontsnapte verkragters weer agter tralies

DKD is op soek na dié twee mans wat uit die Ngqeleni-tronk ontsnap het. (Foto’s” DKD)

Twee veroordeelde verkragters wat Donderdag uit die Ngqeleni-gevangenis in die Oos-Kaap ontsnap het, is weer in hegtenis geneem.

Athini Nothi Mzingelwa is Woensdagoggend in hegtenis geneem en sal nou by sy makker, Siyabulela Khohliso, aansluit wat Sondag vasgetrek is.

Soos vroeër berig dien Khohliso ʼn vonnis van tien jaar uit vir verkragting en Athini Nothi Mzingelwa, ook ʼn veroordeelde verkragter, dien tronkstraf van agt jaar uit.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, sê nuttige leidrade van gemeenskapslede het daartoe gelei dat Mzingelwa omstreeks 11:00 by die Mthatha-hospitaal aangekeer is.

ʼn Nuwe kriminele klag van ontsnapping uit wettige aanhouding sal albei veroordeeldes nou in die gesig staar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Rose ·

Hoe is dit moontlik dat daar so baie ontsnappings plaasvind?

Di ·

Vra dit?? Kry DIE wat hulle help ontsnap het ook want dit gaan oor en oor gebeur. Korrupte amptenare orals

SjN ·

Hulle het nie ontsnap nie, tjo tjo geld het gepraat en hul is vriendelik uitgelaat, wat se sop storie sing die verantwoordelike bewaarders?

Pieter ·

Wonder net of daar ook nou koppe gaan rol….mens kan dalk nie ons staads diens 90 dae “notice” gee en die trekpas gee nie

Nico ·

Waar is die dae toe ekself ‘n bewaarder was, daardie dae is iets van die verlede.

Niklaas ·

En moes hul staatmaak op helpers daar binne , lees “inside job” ? Of was dit maar weer gruwelike nalatigheid ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.