Twee verkragters ontsnap uit Oos-Kaapse tronk

(Argieffoto: Unsplash)

Die departement van korrektiewe dienste (DKD) het ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur na twee veroordeelde misdadigers wat uit die Ngqeleni-gevangenis in die Oos-Kaap ontsnap het.

Siyabulela Khohliso dien ʼn vonnis van tien jaar uit vir verkragting en Athini Nothi Mzingelwa, ook ʼn veroordeelde verkragter, dien tronkstraf van agt jaar uit, sê Singabakho Nxumalo, DKD-woordvoerder.

“Bykomende hulpbronne is ontplooi om DKD se noodondersteuningspan by te staan. Hulle werk saam met die polisie om die twee gevangenes op te spoor.”

DKD is op soek na dié twee mans wat uit die Ngqeleni-tronk ontsnap het. (Foto’s” DKD)

DKD het reeds ʼn ondersoek na die voorval van stapel gestuur, maar “in dié stadium is die inhegtenisneming van die twee oortreders kritiek”.

Die departement het ʼn beroep gedoen op enigiemand wat die twee voortvlugtendes opmerk om dit dadelik by die naaste polisiestasie aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Piet ·

Mens sal dink met vandag se tegnologie hulle sal beter fotos neem van die gemors sodat hulle maklik geidentifiseer kan word.

SjN ·

So dit is nie net G4S wat nie hul werk doen nie, standaard praktyk en lyk my van die kaders is maklik omkoopbaar.

Sunette ·

Sjoe, 8 jaar en 10 jaar onderskeidelik vir ‘n daad wat vir die slagoffers daarvan ‘n lewenslange vonnis is. Hulle sal seker langer tronkstraf opgele word vir die ontsnap as vir dit waarvoor hulle daar moet wees

domheks ·

SA is die grootste grap van die jaar. Dit is nie eers meer snaaks dat gevangenis sommer net ontsnap nie! Skande cANCer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.