Ontvoerde tiener teruggekry

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplashed)

Die polisie in Durban het Donderdag tot ʼn 13-jarige seun se redding gekom nadat hy Woensdag op pad skool toe ontvoer is.

Luidens ʼn verklaring deur die polisie het drie onbekende verdagtes Woensdag op die voertuig toegeslaan waarin die seun op pad skool toe was. Die bestuurder van die voertuig is in die motor se kattebak gedwing voordat die ontvoerders met die seun én bestuurder weggejaag het.

Die bestuurder is later in Inanda, buite Durban, vrygelaat.

“ʼn Saak van ontvoering is by die polisie oopgemaak en lede van die Valke se hulp is ingeroep. ʼn Soektog is na die kind van stapel gestuur,” het kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, Vrydag gesê. “Die ontvoerders het die slagoffer se ma later gekontak en ʼn losprys van R1 miljoen vir die kind se vrylating geëis. R90 000 is aan die verdagtes oorbetaal, maar hulle het nie die kind teruggegee nie.”

ʼn Verdere soektog Donderdag het tot die inhegtenisneming van twee verdagtes in Lindelani, naby Ntuzuma, gelei. “Die slagoffer is kort daarna in een van die informele nedersettings in Ntuzuma gevind en bevry. Die R90 000 kontant en motor wat gebruik is om die seun te ontvoer, is ook op beslag gelê,” het Mhlongo gesê.

Die twee verdagtes, onderskeidelik 28 en 29 jaar oud, word nou van ontvoering aangekla en sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Ntuzuma verskyn. Die polisie soek nog na die derde verdagte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Swerwer ·

Wonderlik, baie dankie aan almal wat betrokke was met die opsporing van die seun en hom weer na veiligheid teruggebring het. Mag die vuilgoed die swarste straf kry wat daar is.

Toy ·

Dit kan mos nie so aangaan nie, die regering moet nou plan met die kriminele, hulle moet wakker skrik. Dit word net erger by die dag.

TRP ·

Hierdie word nou baie algemeen, herhinner my skerp aan Mexico. Moet ons verlief neem dat ons hiermee gaan moet saam leef? Lyfwagte vir ons kinders aanstel?

Dries ·

n Nuwe sport in SA. Ons behoort die wereld kampioenskap te wen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.