Onwettige sigarette saam met perd versteek

Die sleepwa waarin die perd vervoer is Foto: SAID

Die sleepwa waarin die perd vervoer is Foto: SAID

‘n Oplettende beampte van die SAID het meer as R1 miljoen se onwettige sigarette in ‘n sleepwa, waarin ‘n perd vervoer is, ontdek.

Die beampte was Maandag omstreeks 02:00 by die Beitbrug-grenspos besig om vragmotors te ondersoek toe hy by die sleepwa met die perd daarin aangekom het,” het Luther Lebelo, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), in ‘n verklaring gesê.

Die vragmotorbestuurder het nie ‘n permit gehad vir die perd nie, en het oornag by die grenspos parkeer. “Die beampte was agterdogtig en het besluit om die vragmotor deeglik te ondersoek,” het Lebelo bygevoeg. “Hy het aan die onderkant van die sleepwa geklop en onraad begin vermoed toe dit ongewoon klink. Hy het in die sleepwa geklim en ontdek daar is matte wat planke versteek. Die planke het ‘n gat bedek waarin verskeie bokse onwettige sigarette versteek is.”

Die beampte het hierna ook die dak van die sleepwa aan die binnekant en buitekant nagegaan en gesien die vlak van die dak aan die binnekant is nie dieselfde as die buitekant nie. “Die dak is oopgesny en nog onwettige sigarette is in ‘n vals kompartement ontdek.”

Die SAID het beslag gelê op 105 kartonne vol onwettige sigarette met ‘n straatwaarde van R1 093 071.

Lebelo het gesê onwettige sigarette is Dinsdag by Lebombo-grenspos gevind waar dit in die onderstel van ‘n taxi versteek is. “Doeanebeamptes het 100 kartonne (20 000 sigarette) in sakke gevind wat aan die onderkant van die taxi vasgemaak is. Hulle het ook beslag gelê op 320 stelle All Star-seilskoene wat onder die taxi versteek is. Die goedere is alles aan die polisie oorhandig,” het hy verduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jan maak n Plan ·

Age neem man SAID en Doeane. As julle so aangaan gaan al die Chinese en Pakistanise en Nigiriese en Zimbabwiese en al die ander inmigrante winkels netnou nie meer kan bestaan nie want julle vat al hulle voorraad. Wat daar van julle slaan n bietjioe toe op hulle winkels. Almal het gesmokkelde voorraad.

Christine ·

Nou praat jy ‘n waarheid. By watter polisie man of vrou meld jy so ‘n besigheid aan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.