ʼn Ouma van Limpopo het haar kleinseun vergeefs probeer beskerm toe sy oom hom Dinsdagaand na bewering met ʼn breekyster aangeval het.
Volgens die departement van maatskaplike ontwikkeling het die sewejarige Donald Mamolele se oom hom glo doodgeslaan in wat vermoedelik ʼn voorval van gesinsgeweld is. Die voorval het in die Mandela-nedersetting in Namakgale, in die omgewing van Phalaborwa, plaasgevind.
Die ouma is ook beseer terwyl sy die seuntjie tydens die aanval probeer beskerm het.
In nog ʼn voorval is ʼn 13-jarige meisie van die Joppie-nedersetting, naby Tzaneen, volgens die departement Sondagaand verkrag en doodgekap.
Die LUR vir maatskaplike ontwikkeling in die provinsie, Nkakareng Rakgoale, sê die wreedheid teenoor kinders moet gestuit word.
“Dié neiging wat ons in hierdie deel van die provinsie sien, moet stopgesit word. Dit is barbaarse dade wat kinders van die regte stroop wat ons as regering juis probeer beskerm,” sê Rakgoale.
“Dit kan nie wees dat ons elke week berigte ontvang oor hierdie sinlose moorde nie. Die situasie is uiters kommerwekkend en dit lyk nie of ons die stryd teen geslagsgeweld en vrouemoord wen nie.
“Ons het ʼn span maatskaplike werkers na Namakgale gestuur om sielkundig-maatskaplike berading aan die familie van die slagoffers te bied.”
Dit is onmenslik
Koue rillings hardloop deur my hele lyf as ek sulke dinge lees. Hulle is so ongenaakbaar met hul eie familie, hoeveel meer nie andere nie
Dit is verskriklik!!!!!!. Hartverskeurend. Die arme kind.
Sterkte aan die families en naasbestaandes! Dis so hartseer om die berigte te lees. Hoe doen iemand dit aan ‘n kind? Hulle is ‘n gawe van God nie daar vir ons om hulle te breek nie
As satan jou lewe beheer, is dít die gevolg daarvan.
Goeie manier om die probleem op te los is om werk te skep.Maar ja wie is in beheer @nc.
lyk nie of ons die stryd teen geslagsgeweld en vrouemoord wen nie.
Gruweldade. Hierdie mense hoort nie in die samelewing nie.
As die straf maar net dieselfde as die oortreding teen ander was sou die gestop het
sjoe, mens se hart breek elke dag net meer :(
Die duiwel is los in Limpopo
Die duiwel is los!
Wat hierdie familie nou nodig het is beslis nie net berading nie. Dis tyd dat hierdie korrupte ANC regering daadwerklik ‘n poging aanwend om hierdie misdadigers vas te vat. Bring die doodstraf terug, dis al wat hierdie tipe geweld gaan stop.
Hoeveel kinders en vrouens moet nog so wreed sterf ? Die staat faal slagoffers !!!! Oortreders kom steedsheeltemal te lig daarvan af. Bring die doodstraf terug. Die Bybel se nie verniet …”n oog vir n oog…” Sulke mense moet vir altyd en ewig uit die samelewing verwyder word. Hy was maar net n kind. n Kind wat beskerm moes word en toe word hy vermoor deur die een wat veronderstel was om vir hom lief te wees.
Waar is Black Lives Matter se SA dissipels, hê? Graeme Smith, Faf du plessis, Ngidi, ………..?
Dis hoe dit gaan in ‘n land waar kriminele meer regte as wetsgehoorsame burgers het.