OR Tambo-rooftog: Ondersoek kan nog maande duur

Argieffoto

Die staat het Woensdag in die Kempton Park-landdroshof gesê die ondersoek na die opspraakwekkende rooftog by die Internasionale Lughawe OR Tambo kan nog tot ses maande duur.

Dit het aan die lig gekom toe die borgtogaansoeke van France Manaka‚ Simon Thlokwane, Sibusiso Mnisi en Philokhuhle Mtanzi, wat daarvan verdink word dat hulle deel was ʼn bende wat vroeër die maand ʼn rooftog by die lughawe uitgevoer het, sou hervat. Die ander twee verdagtes, Prince Dube en Thando Songishe wat eers later in verband met die voorval in hegtenis geneem is, het ook weer verskyn.

Staatsaanklaer Pieter Erasmus het aan die hof gesê daar is steeds inligting wat deur ondersoekbeamptes in die buiteland verkry moet word.

Die saak is tot Vrydag uitgestel aangesien die verdedigingspanne nog sekere dokumente moet bekom.

Mosiwa Mutame, wie se aanklagte voorheen laat vaar en toe weer ingestel is, is steeds uit op borgtog van R50 000 en moet weer op 26 Mei in die hof verskyn.

Lees alle vorige berigte oor OR Tambo op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

ben ·

Die geld moet seker eers eweredig verdeel word tussen al die skelms – die polisie ook.
Wanneer die saak opgelos is in 2099 is daar niks meer oor nie en die saak word uitgegooi.

Scalla ·

Afrika tydreel is van toepassing, speel vir tyd, ekke het hom vergeet , was te lank terug, eish

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.