Madalene Slabbert (15), die skoolmeisie van Olifantshoek in die Noord-Kaap wat Vrydag in ʼn fratsongeluk in Orania dood is, se ouers vind berusting in hul geloof.
Madalene was tydens die Paasnaweek deel van die ondersteuningsgroep vir ʼn sporttoernooi op Orania. Die toernooi het op Donderdag en Saterdag plaasgevind en word Maandag voortgesit.
“Vrydag terwyl hulle af was, het sy van ʼn bakkie af geval en is ernstig beseer. Twee paramedici en ʼn mediese dokter was binne enkele minute op die toneel. Hulle is kort daarna bygestaan deur nog paramedici en ʼn verpleegster. Madalene is op die toneel oorlede. Die presiese oorsaak van haar dood sal eers by die nadoodse ondersoek bepaal word,” het James Kemp, kommunikasiebestuurder van die Orania Beweging, Sondag aan Maroela Media gesê.
Volgens Kemp is Madalene se familie en die organiseerders van die geleentheid steeds getraumatiseerd en nog nie gereed om die media direk toe te spreek nie. Kemp tree dus as familiewoordvoerder op.
“Madalene was ʼn graad 9-leerder aan die Hoërskool Olifantshoek. Volgens mev. Annie Reitz, die skoolhoof, was sy ʼn gebalanseerde Christenmeisie; ʼn skrander student wat ’n A-gemiddelde behaal het, aktief aan sport deelgeneem het, vol lewenslus was en voluit gelewe het. Sy was ook ʼn bedrewe redenaar.”
Haar ouers, Anton en Annalene, asook haar twee susters was saam met haar by die toernooi en was by toe sy dood is.
Hulle betuig hul diepe dankbaarheid vir die vinnige bystand en meelewing deur die inwoners van Orania en die organiseerders van die sporttoernooi.
R.I.V prag mensie jou werk is voldaan noy gaaan jy juig in die hemel xxxxxx
Rus in vrede pragtige meisiekind. Jy is nou n mooiste engel in die hemel.
Dit is ongelooflik hartseer.Pragtige dogter.Ek dink aan die familie en vriende.
Ons innige meegevoel en simpatie aan die naasbestaandes van Madelene! Ons gebed is dat JESUS u as familie sal troos en vertroos in hierdie dae !
So pragyige kind. My hart gaan uit na die familie. Die Here hou jul in Sy hand en verskaf jul berusting.
So so hartseer. Die meisie saam met haar is nie n vriendin nie, dit is haar oudste sussie.
Pragtige dogter.RIP
Sterkte aan families end vriende
Anton en Annalene, en twee sussies, ek het gisteraand die berig gelees sonder name en sou nooit kon dink dat dit jul pragtige dogter is wat in die nootlottige ongeluk was. My innige simpatie. Sterkte vir die swaar pad wat voorlê.
Mooiste kind! Saam hartseer.
Mag hierdie mooi getuienis van jul pragkind, wat soveel mooi & goed van binne & buite geleef het, jul genade & troos wees as die storms van verlange, liefde en onthou jul treiter.
Aai,so n mooi pragtige kind! So jammer. Baie sterkte aan die familie,veral die vriende. So dankbaar om te hoor dat die ouers en susters n verhouding het met God. Net Hy kan troos waar ons ander nie.
Dit is ontsettent tragies en ons gebede gaan na die familie en vriende toe. Haar lewe het nog voor haar gele
‘n Wet met groot boetes moet die staan van mense agter op bakkies verbied en ‘n ouderdomsbeperking vir die vervoer van mense tensy ‘n kappie op is. Dit lei dikwels tot rampspoed en verdriet. So ‘n mooi meisie en nou hartseer en verdriet en gewetenswroegings… te erg vir woorde…
@John – Hierdie is baie tragies en hartseer. Daar is baie verkeerswette met gepaardgaande boetes, maar tog help dit niks. Oortreders sal altyd hulself op een of ander manier verontskuldig, soms vir die mees belaglikste redes denkbaar. “Could’nt care” bakkie bestuurdes sal nogsteeds in die toekoms kinders agter op bakkies laat ry, en die risiko afmaak as pret. Dit is maar die fenomeen van “science of stupidity”.
Ja dit is vreeslik. Mense moet sit agterop bakkies en die drywer moet bedagsaam wees dan kan niks verkeerd loop nie. Dit is wanneer jy die reels oortree dat hierdie voorkombare gebeurtenis gebeur. Ek kan net dink die smart en wroeging by die wat agter bly. Sterkte.
Woorde kan nie beskryf hoe jammer ek vir haar geliefdes voel nie. Sterkte.
Woorde kan nie beskryf hoe jammer ek vir haar geliefdes voel nie. Sterkte.
In 1974 het mos die regeerders in hul wijsheid al besluit om veiligheidsrieme in motors verplig te maak…
Baie sterkte aan die ouers, familie,vriende en almal wat deur hierdie voorval beïnvloed word. Mag julle in hierdie hartseertyd die Heilige Gees se teenwoordigheid ervaar en vertroosting vind. As gelowiges glo ons dat ons geboorte en sterfdaum deur God bepaal word. So ongeag hoe hierdie ongeluk gebeur het – Dit was haar datum. RIV dogter.
Middag sê…..ja….dit is tragies,maar dit het al voorheen gebeur in Aliwal Noord…..bakkie draai na regs…..kind sit op regterkant van bakkie….val agteroor op teerpad en breek nek…..onthou kinders gesels met mekaar en kyk nie na watter kant bestuurder gaan draai nie…….kinders moet plat in bak sit…….dit is pret om agterop te sit,maar baie gevaarlik
Madalene jy word gemis. Ek kan net onthou al die lag en lawwegheid op die bokkieweek en by die skool. Die Here het een van sy juwele kom haal. Aan die familie en gesin al is ons ver uit mekaar julle bly in ons gebede. Innige simpatie