Orania spog nou ook met kantoor in Pretoria

Orania, OOM, paneelgesprek

Die langtermynvoordele om in Orania te belê is ook tydens ʼn paneelgesprek, gelei deur verskeie leiers in Solidariteit, bespreek. (Foto: OOM)

Weens toenemende belangstelling in Orania spog die Orania Ontwikkelingsmaatskappy (OOM) nou met ʼn eie kantoor in Pretoria.

Frans de Klerk, uitvoerende hoof van OOM, het Dinsdag die nuwe kantoor tydens ʼn geselligheid op die Sol-Tech-kampus bekend gestel. Volgens De Klerk is daar ʼn groot aantal mense in die Jakarandastad wat graag in Orania wil belê.

Die nuwe kantoor sal dus voortaan voornemende sakemanne en beleggers, wat ʼn behoefte het om hul belange in Orania uit te brei, help om maklik en vinnig by die regte persone of instellings uit te kom.

Diegene wat daaraan dink om hulle in Orania te vestig, sal ook voortaan deur die kantoor bygestaan kan word.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het tydens die bekendstelling gesê dat OOM ten doel het om Orania te help om infrastruktuur te ontwikkel, bottelnekke wat groei kniehalter uit die weg te ruim en opleidingsinstellings te ontwikkel.

Die langtermynvoordele om in Orania te belê is ook tydens ʼn paneelgesprek, gelei deur verskeie leiers in Solidariteit, bespreek.

Du Preez de Villiers sal die nuwe kantoor beman.

  • Die Orania Ontwikkelingsmaatskappy is ʼn instelling van die Solidariteit Beweging.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

piet ·

Hopelik sal dit die pad baan dat baie Pretorianers nou hul pad sal vind na Orania. die behoefte is groot as ek so na Maroela-lesers se kommentare in die verlede kyk. Hier is julle kans, opleiding by Soltech en dan woon en werk op Orania. Dis lekker by die groot rivier tussen julle EIE mense.

Jan ·

Is daar genoeg spasie vir almal wat graag wil verhuis? Vra namens n vriend

Republikein in die Wes Kaap ·

piet, ek het gehoor jou groot kaptein wil ook soontoe verhuis.

Jan Jacobs ·

Klink goed maar soltech is nie ver middel klas ouers bekostig baar nie.

kragaap ·

pietie, vir ‘n begin is daar ‘n sonkrag aanleg, self gebou en befonds, so daar is krag. Daar is rioolwerke, self gebou en befonds, so rou riool loop nie in die strate, see en riviere in nie. Daar is waterwerke, self befonds en gebou, so daar loop nie modder elke week uit die krane uit nie. Al die aanlegte word self deur eie kundiges bedryf, so daar is nie korrupsie en gebrekkige onderhoud nie. Beplande onderhoud is ‘n konsep wat in Afrikaans verduidelik kan word. Soltech is self gebou, en vakmanne word opgelei om vakmanne te wees nie toolbox agente nie. Oppas dat Oranoa nie sy eie rugbyspan begin nie jy mag dalk net ‘n verassing kry .

Duck ·

En wat as dit nie werk nie? Daar gaan jou belegging “down the river”

Ryan ·

Ou piet, ek weet nie waar jy uitkruip nie, maar ek kan jou verseker die meerderhied Pretorianers wil, en sal, nooit in Orania gaan woon nie.

kragaap ·

Uit vir ‘n duck dink dit werk reeds, hele paar jaar al. Met die huidige bestuur van rioolselsels gaan iets ander “down the river”……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.