Oud- binnelandse sake-amptenare gevonnis

Argieffoto

Twee voormalige beamptes van die departement van binnelandse sake is gevonnis op aanklag van bedrog, korrupsie en dwarsboming van die gereg. Minister Aaron Motsoaledi het die vonnisse verwelkom.

Siya Qoza, woordvoerder vir die minister, het gesê Steven Boshego en Leseba Malekane is vandeesweek tot vyf jaar tronkstraf elk gevonnis.

Boshego was ʼn administrasieklerk by die KwaMhlanga-kantoor in Mpumalanga. Hy is gevonnis op aanklag van bedrog ná hy geboortesertifikate teen R3 000 elk aan uitlanders verkoop het. Hy is vyf jaar tronkstraf opgelê.

Malekane was ʼn immigrasiebeampte by die Boksburg-kantoor in Gauteng. Hy is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van dwarsboming van die gereg en ʼn verdere vyf jaar vir korrupsie. Malekane het omkoopgeld ontvang om uitlanders onwettig vry te laat terwyl hulle in ʼn proses was om gedeporteer te word. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

“Danksy die goeie werk van wetstoepassers kon die departement ontslae raak van twee korrupte individue wat nou agter tralies is, waar hulle hoort,” het Motsoaledi gesê. “Die departement duld nie korrupsie nie en stappe word gedoen wanneer ons daarvan uitvind.”

Boshego is ondersoek en later in hegtenis geneem danksy ʼn wenk van ʼn lid van die media. “Ons interne ondersoek het die bewerings teen Boshego bevestig. Sy aktiwiteite is deur ons biometriesetoegangsbeheerstelsel (BACM) opgespoor. Die BACM-stelsel is geïnstalleer om misdrywe in die departement hok te slaan,” het die minister bygevoeg.

“Ek moedig lede van die publiek aan om die polisie te nader wanneer hulle van enige korrupsie bewus raak. Ons sal steeds met wetstoepassers saamwerk om seker te maak dat korrupte individue gestraf word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Kruger ·

Hmmm wat van die groter visse wat nog swem…..hierdie kleintjies is net om ons te paai…

Scalla ·

die comrades besef dis payback time, beloftes moet nagekom word.

Moedeloos ·

Wonder wat word van daai verkoopte geboortesertifikate?

Hitler ·

Uitstekende werk!
Dis maat die oortjies van die seekoei.
5 jaar is te min en ‘n lewenslange permanente rekord moet geimplementeer word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.