Oud-Eskombaas, familie vas vir korrupsie

Matshela Koko, voormalige hoof van Eskom. (Argieffoto: ANA)

Matshela Koko, voormalige waarnemende uitvoerende hoof van Eskom, sy vrou, Mosima, en sy stiefdogter Koketso Choma is in hegtenis geneem in verband met beweerde korrupsie by die kragverskaffer.

Sindisiwe Seboka, woordvoerder van die ondersoekdirektoraat van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê agt verdagtes sou na verwagting Donderdagoggend in die Middelburg-landdroshof verskyn vir hul beweerde aandeel in onreëlmatige kontrakte wat toegestaan is vir die bou van die Kusile-kragstasie in Mpumalanga.

Die kontrakte het ʼn waarde van meer as R2 miljard.

Die beskuldigdes is vanoggend vroegoggend in Gauteng en Mpumalanga in hegtenis geneem op aanklag van bedrog, korrupsie en geldwassery.

News24 berig die aanklagte hou verband met die multimiljardrand-kontrak wat Eskom in 2015 met die internasionale ingenieursgroep ABB aangegaan het.

Solidariteit het die inhegtenisnemings vanoggend verwelkom.

Die organisasie het in Junie vanjaar strafregtelike aanklagte teen Koko en ander beweerde staatskapers van Eskom soos Brian Molefe en Anoj Singh by die Brooklyn-polisiestasie in Pretoria aanhangig maak.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê hoewel die inhegtenisnemings “positief” is, verdien Suid-Afrikaners onmiddellike optrede deur die NVG én verdere stappe teen die ander beweerde staatskapers wat in Solidariteit se strafklagte verskyn.

“Die absolute onreg van jare lange korrupsie en diefstal kan nie langer voortduur weens ʼn oneindige gesloer van ons strafregtelike stelsel se kant nie. Hierdie sake moet verder gevat word. Hierdie stap is ʼn baie goeie tree in die regte rigting, maar daar moet deurlopende druk op ons veiligheidsdienste wees om hulle werk te doen, en enige verdere gesleep van voete sal nie geduld word nie.

“Staatskapers het werkers se werk en toekoms asook belastingbetalers se swaarverdiende geld gesteel. Ons kan nie toelaat dat werkers se werk en geld gesteel word en plunderaars vry rondloop met al die geld nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

DapperWoef ·

Stem saam met Dr Hermann

Goeie begin, maar hoe lank voordat die seldeur agter hulle toeklap, soos ‘n ander artikel tereg vra.

En wat word gedoen om die aanhoudende korrupsie uit te roei?

Pannies ·

Lyk my ons moet eerder ons belasting geld aan Solidariteit en Afriforum betaal.
As dit nie vir hulle was, sal almal net weggekom het met hul misdade.

SjN ·

Die wiel draai, stadig maar veseker, wat van die ander kaders?

Delia ·

Hoe diep is die verrotting in daai gesin. Pa, Ma en stiefdogter. Sjoe!

Snowball ·

Janee, in party families is oneerlikheid ingeweef in die vesel….

Jacobus ·

Solidariteit moet maar hierdie sake met n valkoog dophou om te kyk wat se vordering daar is. Anders ontaard dit maar net weer in n jarelange uitstel sirkus soos hulle meester leerder Jakob Zuma se vervolging.

Morné ·

Klink maar vir my asof die net die bo punt van ‘n groot ysberg is, kom ons hoop dat hulle strafregtelik vervolg gaan word en nie weer net ‘n uitgerekte ondersoek en uitgestelde saak word wat iewers kan doodloop nie.
Dankie Solidariteit vir julle konstante opvolging en verslagewing

Koos 100 ·

Hulle het genoeg tyd gehad om daai geld mooi weg te steek.

Wielspore ·

Met die hulp van platforms soos Maroela Media en organisasie soos Solidariteit en Afri-Forum word korrupsie van die ANC regering blootgelê.
Puik werk, hou so aan om die skuldiges uit te haal.
Lesers kan gerus by organisasie soos Solidariteit en Afri-Forum aansluit en hulle onderteun in hulle werk.

Casper ·

As hulle inhegtenis geneem is dan beteken dit hulle gaan strafregtelik vervolg word en dit beteken verder dat daar op hulle bates en bankrekening beslag gelê sal word om die geld te verhaal.

Piet parys ·

Hopenlik word dit gedoen maar skelms is mos slimmer as die NVG.

Samuel ·

Daar is absoluut geen waarborg dat beslag gelê sal word op hulle bates en bankrekeninge nie.

Hannelie ·

Ag dis niks snaaks nie…….mens verwag dit nou al van hulle!!

Casper ·

Die ingenieursgroep ABB moet ook aangekla word vir die tender en vrotsige werk wat hulle gedoen het.

casper ·

Aag — by die tyd wat ons dit lees is hul lankal tuis op borgtog.
Kyk weer oor 10 jaar of iets rerig gebeur het !!!!!

Wondermaarnet ·

Dié saak gaan seker ook 15 jaar sloer. Geen saak waar kader diefstal of geldwassery ondersoek was en mense aangekeer was is al ooit afgehandel nie. Die sake hoop net op tot stof gaan lê wanneer die volgende saak aanhangig gemaak word.

Papsak ·

Nou maak alles sin daarom lyk en gaan dit so met eskom lekker hoop hulle sluit hulle ver toe

Samuel ·

Nee wat. Hulle sal nie ver weggesluit word nie. Geld wat stom is maak reg wat krom is. Kyk maar vir oom Zumpie.

Blikke ·

Ja en toe het mnr onskuldig gedink hy gaan wegkom né!!!! Mense wat dink hulle is slim is toe nie so slim nie né!!!

Antie Sarie ·

En dit gaan die probleem oplos hoe? Of is hy net n scapegoat?

Samuel ·

Hierdie is net vertoon. Gaan dadels van kom want die kaders beskerm mekaar.

Danie ·

Kyk hulle het lekker geeet die vet het van die elmboe afgedrip.Maar nou is dit rekenskap.Maar ons moet nie te gou bly raak nie dit kan nog jare vat en dalk nooit afgehandel word nie.Ons soek goeie sukses nie n opgeskorte vonnis van 2 jaar en n ligte boete nie.

maruis ·

Tien word gevang en 1000 gaan voort met bedrog en korrupsie.
Maak die som en kom dan tot die gevolgtrekking.
50% van die ANC is korrup en 50% is net bietjie korrup?

Hasie ·

En elke keer sal die hofsaak uitgestel en uitgestel en uitgestel word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.