Oud-Proteaspeler vlugtig in hof

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Voormalige Protea-krieketspeler het Dinsdag vlugtig in die Goodwood-streekhof verskyn weens die beweerde aanranding van ʼn tienerseun in Kaapstad verlede week.

Thami Tsolekile (35) is op waarskuwing vrygelaat sonder om borgtog te betaal en die saak is tot 10 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek. Tsolekile het buite die hof geweier om met die media te praat.

Maroela Media het vroeër berig die beweerde aanranding het glo Woensdag buite die 14-jarige seun se skool, Pinelands High School, plaasgevind. Die seun en sy vriende het glo buite die skool “rondgespeel” en op verbygaande voertuie geskreeu.

Die seun beweer Tsolekile het glo stilgehou en hom aangerand voordat hy hom in sy motor ingedwing het en ʼn paar minute met hom rondgery en nog geklap het. Die speler het egter die aantyging aan EWN ontken. Hy het gesê hy was saam met sy kinders en het die seun na sy hoërskool geneem om daar oor hom te kla, aangesien die seun hom glo gevloek en klippies na sy motor gegooi het. Hy is op 8 September in hegtenis geneem op aanklag van aanranding en gemaan om Dinsdag in die hof te verskyn.

Volgens die klagstaat het hy die tiener aan die bors gegryp en hom met die plathand deur die gesig geslaan.

Tsolekile, ʼn voormalige paaltjiewagter vir die Proteas en kaptein van Highveld Lions, is in Augustus vanjaar saam drie ander spelers vir 12 jaar deur Krieket Suid-Afrika geskors weens wedstrydknoeiery tydens die Ram Slam 2015-toernooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ampie ·

Moet sê ek het simpatie met die ou. Kwaai jongens wat klippe na jou kar gooi en vloek moet vasgevat word. Geen polisieman sal dit ondersoek nie. Gevolg: klipgooiers pleeg dalk volgende keer misdaad. Wat sou jy gedoen het?

Columbiana ·

Moet lag. Toe die ras en geskiedenis van die speler nie bekend was nie het elke Jan rap en sy maat opgrspring om die man te verdedig. Noudat sy naam en geskiedenis bekend is is daar ‘n dawerende stilte hier op doe kommentaar blad

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.