Oud-veiligheidswag verdink van twee transitorooftogte

Foto ter illustrasie. (Foto: Netcare 911/Twitter)

ʼn 41-jarige voormalige veiligheidswag is in hegtenis geneem kort ná hy by die Randburgse landdroshof verskyn het op ʼn aanklag wat met ʼn transitorooftog Woensdag in Honeydew verband hou.

“Hy word na bewering ook verbind met ʼn transitorooftog in Brits by Net 1 Financial Services op 3 November 2021,” sê lt.kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke). “Drie gewapende mans het ʼn veiligheidswag genader toe hy kontant in ʼn kitsbank wou laai. Hulle het sy wapen afgeneem en toegang bekom tot die agterkant van die veiligheidsvoertuig. Hulle het vier houers met ʼn onbekende bedrag kontant gebuit.”

Die rowers het drie skote afgevuur voor hulle in ʼn wegkomvoertuig gevlug het, ʼn donker silwer Mercedes-Benz met drie ander insittendes. “Die man is uitgeken as ʼn voormalige werknemer van Rustenburg Fidelity Cash Solution wat na Johannesburg oorgeplaas is,” het Nkwalase bygevoeg.

Die man was, tydens sy inhegtenisneming deur die Valke in Johannesburg, op borgtog vrygelaat vir sy betrokkenheid by die transitorooftog in Honeydew. Hy sal na verwagting binnekort in die Brits-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Frank ·

MM, ek verstaan nie lekker die laaste paragraaf nie. Die Honeydew rooftog was Woensdag maar hys reeds op borgtog vrygelaat?

Perdeby ·

Dit was seker nie die enigste een gewees nie, maar as dit Woesdag was, was hy Donderdag uit opborg en Vrydag terug by sy “werk”

Perdeby ·

Dis hoe vinnig die ANC hulle terug by die “werk” wil he.

Yvonne ·

Hoe is dit moontlik dat hy enigsins borgtog kry vir hierdie misdaad

Nie Verbaas ·

Borgtog vrygelaat? Hy lê soos hy lag. Hy is weg soos gister se salaris.

Harley Davidson ·

Ek dink in die meeste gevalle is wagte betrokke al is dit net met inligting oor die inhoud wat vervoer word

Perdeby ·

Alweer borgtog, WANNEER GAAN ONS REGSSTEL DAN NOU LEER????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.