Oudhoof van Black Business Council in hof vir ‘bedrog, diefstal’

Dr. Danisa Baloyi. (Foto: Dept of Tourism/Twitter)

Die voormalige hoof van die Black Business Council (BBC) en nog drie beskuldigdes het in die hof verskyn in verband met beweerde bedrog van R5 miljoen.

Dr. Danisa Baloyi (63), Dominic Ntsele (52), Bibi Hawa Khan (48) en Abubaker Ebrahim Khan (46) het hulle Woensdag aan die Valke se ondersoekeenheid vir ernstige ekonomiese misdrywe oorgegee.

Hulle word van bedrog en diefstal aangekla.

Baloyi, ʼn voormalige president van die Black Business Council, word beskryf as ʼn magtige sakevrou met uitgebreide politieke bande. Die BBC het haar vroeër geskors hangende ʼn ondersoek na die vermiste skenking van R5 miljoen.

Die donasie hou verband met die donasie van die lughawemaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) wat nooit in die raad se bankrekening verskyn het nie.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, het in ʼn verklaring gesê Baloyi het glo die naam van ʼn maatskappy en dié se besonderhede verskaf wat benoem is om die skenking te hanteer.

Die geld is oorgeplaas na ʼn rekening van Merit Energy (Pty) Ltd, wat aan Bibi Hawa Khan en haar broer, Abubaker Ebrahim Khan, behoort.

Die geld is weer oorbetaal, dié keer in die sakerekening van Incentive Driven Marketing, ʼn maatskappy wat aan Ntsele, nog een van die beskuldigdes, behoort.

Die vier het reeds in die hof verskyn en is op borgtog van R5 000 elk vrygelaat. Die saak teen hulle is tot Julie uitgestel, het Mulamu gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

As in ag geneem word dat biljoene Rande geplunder is/word, is die R5 miljoen eintlik kleingeld! Dis goed hul is vasgetrek, maar die “GROOT VISSE” in die staatskaping/plundering Damme, “swem” nog ongestoord voort! Eish!!!

Kaptein ·

Definitief. Dis mos die onderdrukker wat nou weer sy streke begin uithaal.

DeVill ·

Dit raak al hoe moeiliker, vir my, om bestaande vooroordele, veral in hierdie geval, te probeer weg dink!

marous ·

R5000 borg vir 5 miljoen se diefstal ? Die howe self is die oorsaak dat die regstelsel in ‘n sirkus ontaard het .

Phillie ·

Wie wil met my ‘n weddenskap aangaan dat die “dr” ook gekoop is

JKH ·

Is vir my skreeu snaaks, al die swart voortrekking, en aparte councils ens, maar wanneer Zuma ens hof toe gaan, verkies hul blankes LOL, ek wonder hoekom.

willem Botha ·

Verduidelik asb hoe sien jy n vereniging net vir swart mense in n land soos suid afrika?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.