Oudkonstabel vas oor hy ‘reeksmoordenaar’ glo help ontsnap

Argieffoto: SAPD

ʼn Gewese polisiekonstabel (28) van Noordwes kom Maandag in die landdroshof op Wolmaransstad voor nadat hy na bewering ʼn verdagte uit aanhouding help ontsnap het.

Die provinsiale eenheid teen georganiseerde misdaad het die voormalige polisielid in hegtenis geneem, sê kol. Adéle Myburgh, Noordwes-polisiewoordvoerder.

“ʼn Verdagte, Johannes Batsibile, is op 17 Augustus vanjaar deur Wolmaransstad se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in hegtenis geneem nadat hy verbind is met 28 sake van vermeende verkragting en moord. Die verdagte en die konstabel, wat op Wolmaransstad gewerk het, was blykbaar vriende.”

Nadat die verdagte ontsnap het, het die provinsiale eenheid teen georganiseerde misdaad hom opnuut aangekeer, sê Myburgh. Tydens polisieondervraging het dit aan die lig gekom dat die konstabel Batsibile glo help ontsnap het.

“Ná ondersoek is die dossier aan die senior staatsaanklaer in Klerksdorp vir oorweging voorgelê en is die oudpolisielid in hegtenis geneem,” sê sy.

Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, het die ondersoekspan geluk gewens dat hulle die verdagtes albei aangekeer het. “Die polisie sal steeds hard werk om die suksesvolle vervolging van oortreders te verseker en van korrupte polisiebeamptes ontslae te raak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Ellisras ·

Ek haal my hoed af vir die goeie lede van die SAPD (die meerderheid) wat nog in sulke moeilike omstandighede uit hou. Die vis vrot van die kop af. Laer af sukkel die lede om kop bo water te hou.

Hennie ·

Dis hoekom hulle polisiemanne word, want hulle is korrup en vriende met misdadigers.

Leana ·

Jy praat nou snert….almal kan nie onder dieselfde kam geskeer word nie!!

Andrea ·

Dalk nog sy vriend gehelp om te verkrag en te vermoor, wie weet?

zoom zoom ·

Die konstabel behoort sy werk terug te kry met bevorderimg tot die rang van generaal met backpay

Piet ·

Zoom Zoom is seker net sarkasties. Onthou die laaste ou wat in ‘n korrupte verhouding was, wie se venoot tronk toe gestuur is (en weer uit is met n liegstorie) is beloon met die presedensie. Toe bevind die hof in die DA se guns dat jy mag se hy is ‘n dief. Dit lyk my dis ‘n vereiste om skelm te wees as jy in die ANC is.

zoom zoom ·

Abe en Piet.
Ek sê dit met ‘n tong in die kies. Ons is al so gewoond om te lees van korrupte polisie en dan beklee hulle hoë poste

Schalk ·

N Vis vrot van sy kopkant af kyk maar na die hoe standaarde wat in parlement geld kyk wie daar sit.Hulle verteenwoordig kiesers. IS DAAR EEN STAATS INSTANSIE WAT REG BESTUUR word.Bosbou is toe,waterwese is bankrot,SAL is (likuut) met nog hulp.Praza eskom noem een.Lekkeer sous braaivleis vreet drink op die onnosel belasting betaler geniet.EK WAS ONNOSEL NOU LAG EK MAAR VIR DIE SIRKUS. Gelukkig ontstel die gemors my nie meer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.