Oudpolisieman 10 jaar tronk toe vir bedrog

(Foto: SAPD/Facebook)

’n Voormalige adjudant-offisier van die polisie is tot tien jaar tronkstraf gevonnis nadat hy die Suid-Afrikaanse Polisiediens uit meer as R1,7 miljoen bedrieg het.

Stephan Ferreira (47) het oor ’n tydperk van vyf jaar minstens 47 keer niksvermoedende kollegas se aanmeldbesonderhede gebruik om fondse na sy persoonlike bankrekening oor te dra.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, sê Ferreira was tot 2015 aan die polisie se finansiële afdeling in Rustenburg verbonde voordat bewerings oor die onwettige transaksies aan die lig gekom en hy bedank het.

Ferreira is ná ’n ondersoek deur die Valke in hegtenis geneem en het in Januarie 2020 vir die eerste keer in die hof verskyn voordat hy in Desember verlede jaar eindelik skuldig bevind is.

Ferreira is Woensdag in die Rustenburg-streekhof gevonnis.

Lt.genl. Tebello Mosikili, waarnemende hoof van die Valke, het die vonnis verwelkom.

“Ons sal voortgaan om sonder vrees of bevoordeling skelm elemente in ons geledere uit te roei.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Tiptol ·

Wanneer gaan al die staatskapers en tender kaders tronk toe?

Perdeby ·

Die reg sal sy gang gaan na die Zondo kommissie, almal hou dit nou dop, en dit sluit die hele wereld in. Dit is hoekom CR die Zondo kommissier op die been gebring het, so al die sonde bokke is nou in ‘n hoek, en hulle sal nou vriendelik verplig om hulle te vervolg. Zondo kan nie iemand vervolg nie. Die sake moet eers by die NVG aangemeld word maw ‘n dossier moet eers geopen word voor enige iemand vervolg kan word. Dit sluit jan publiek in.

Lindi ·

Dis nie CR wat die Zondo kommissie aangestel het nie – dit was JZ homself – nie gedink dit gaan hom “byt” nie

Jacobus ·

Hy JZ was aangese en verplig deur openbare beskermer daardie tyd Thuli Madonsela. Anders sou hierdie kommisie nooit bestaan het nie.

SjN ·

Laat hy sy straf uitdien, hoekom nie konsekwent optree nie, wat van sekere elemente wat al jare niks oorkom nie en vry rondloop, is ras dalk n faktor?

Frikkels ·

Ras is beslis ñ faktor. Kyk na die kras bewoording van ” skelm elemente en uitroei” en kyk wanneer jy bedrog pleeg en die regte kleur is. As jou kleur reg is, moet jy ñ deel van die geld terugbetaal as jy kan en jy word aangesê om dit nie weer te doen nie!
Voorts word moordenaars van kleur vrygelaat op borgtog of ñ tronkstraf van 5 jaar opgelê. Wat ñ siek regstelsel.

Magda G ·

Deur gulsigheid met sy vrou en kind/ers nou ook daaronder ly. Die mensdom is siek.

Shakespeare ·

BELAGLIKE HOWE ! Geen vervolging van duisende kriminele kaders. Ons howe is 100% gekaap deur die ANC/EFF gespuis.

Marius ·

Ek wonder hoeveel polisiemanne gaan oorbly sodra al die skelm elemente in hul geledere uitgeroei is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.