Oudpolisieman in hof vir moord op ‘Cosas Vier’

Argieffoto (Foto: Daniel Bone/Pixabay)

ʼn Voormalige polisiebeampte verbonde aan die destydse veiligheidspolisie sal Dinsdag in die hof verskyn vir sy beweerde aandeel in die sogenaamde Cosas Vier se moord.

Eustice Madikela, Ntshingo Mataboge en Fanyana Nhlapo – studente verbonde aan die Congress of South African Students (Cosas) –  is byna 40 jaar gelede vermoor toe hulle na ’n ou ongebruikte pomphuis gelok is onder die voorwendsel dat hulle militêre opleiding daar sou ontvang.

Plofstof is egter destyds deur die veiligheidspolisie in die pomphuis geplaas waarna ’n ontploffing die lewe van Madikela, Mataboge, Nhlapo geëis het.

Nóg ’n student, Zandisile Musi, is destyds ernstig beseer maar het oorleef.

Die beskuldigde wat later vandag in die Kagiso-landdroshof verskyn, was glo destyds ʼn polisiebeampte en ʼn kenner in die hantering van plofstof.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die beskuldigde word daarvan beskuldig dat hy die plofstof in die pomphuis geplaas het op versoek van brig. Jan Carel Coetzee, destydse bevelvoerder op Vlakplaas.

’n Askari (informant) genaamd Ephraim Mfalapitsa het die Cosas-studente in Februarie 1982 na die pomphuis in die omgewing van Krugersdorp gelok. Die plofstof het later afgegaan maar eers nadat Mfalapitsa die pomphuis verlaat het onder die voorwendsel dat hy kwansuis nog toerusting uit die taxi sou gaan haal waarmee hulle na die pomphuis gery het.

Die studente se dood is destyds uitgemaak as militêre opleiding wat skeefgeloop het en dat die studente eindelik hulself opgeblaas het.

Mfalapitsa is in Augustus vanjaar op drie aanklagte van moord aangekla en sou na verwagting later vandeesmaand verhoor word.

Mjonondwane sê die verhoor mag egter vertraag word aangesien die staat beoog om die aanklagte te wysig sodat Mfalapitsa en die oudpolisieman saam verhoor kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Swerwer ·

Belaglik verby. Hoekom word die moordenaars van 40 jaar gelede nie almal ook gesoek en vervolg nie.
Om geld en tyd te spandeer om onskuldige mense wat opdragte moes uitvoer ten opsigte van hul werk nou aan die pen te laat ry omdat diè wat die opdrag gegee het nie meer lewe nie, is uiters belaglik. Dit is rassisme op sy beste.

Blikkies ·

Watse Nonsens is hierdie? Hulle het arme Joa Rodriques skuldig bevind sonder bewyse en ‘n verhoor. Die deksels sien nou n gaping vir vergelding………..Miskien moet ons nou ook maar die kaders begin bymekaar maak en aanklagtes van moord teen hulle le vir hulle aandeel in gruweldade gepleeg.

Piet parys ·

Ja en ek is seker jy sal 99.9% keer reg wees as jy die kaders kan opspoor

Harley Davidson ·

Hoe belaglik,vervolg die twee maar Robert Mcbride wat presies die selfde gedoen het word hoof van intelegensie ons leiers doen nie hulle werk nie,die onregverdige diskriminasie word oor die hoof gesien omrede hulle net belangstel in posisie,aansien en geld,soos die kfc diskriminasie moet ‘n onafhanklike persoon dit in die lig bring.Ek dink die Vf+,DA moet miskien stemme verloor voor hulle daadwerkliks gaan optree en iets doen.

Johann ·

Maar in ons “regering” en “kaders” loop moordenaars los? Kamptig geregverdige MOORD in die naam van “freedom”?

Jaco ·

In 1990 is die ANC ontban, maar hulle het eers 4 jaar later, in 1994, aan bewind gekom. In daardie 4 jaar kon die destydse Nasionale Party regering mos ALLE bewyse en name ens van hulle apartheidsmisdade vernietig het. Hoe moeilik is dit dan nou om lêers te verbrand?

koos10 ·

Dis net die begin van die vervolging van die wat nie amnestie gekry het by die WVK nie.
Ek glo natuurlik dat politiek die dryfveer hieragter is.
Die SAPD het hoeka poste vir die uitsluitlike doel geadverteer.

AW ·

Mense wees Rustig, Daar is Dinge wat gebeur en sal gebeur, in hierdie Land, waar jou Geloof in God jou alleenlik sal deur dra.

Kennis
Wysheid
Insig
Gedult

Geloof
Hoop
Liefde

Hein ·

‘n 40 jare oue moord kan ondersoek word maar nie gister se plaasmoorde nie

Di ·

Plaas bekommer hierdie Regering om boere se moordenaars op te spoor wat een van die dae ‘n voedseltekort tot gevolg gaan he. Maar NEE, bly in die verlede ronddwelf. Niks en niemand gaan hierdie 3 terug bring nie

JM ·

Mense in glashuise wat met klippe gooi! Die huidige regering se wandade word gerieflikheidshalwe onder die mat ingevee. Hulle sal nie vir ewig daarmee wegkom nie, want die wiel van geregtigheid draai stadig maar gewis.

Cherokee ·

Dit was oorlog gewees. Miskien ‘n onverklaarde oorlog, maar dit maak geen verskil. Dit was oorlog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.