Oudwerker steel glo miljoene by veeartskliniek

Lana Nell is Dinsdag in hegtenis geneem. (Foto: Verskaf)

ʼn Voormalige werknemer van ʼn veeartskliniek op Humansdorp in die Oos-Kaap is in hegtenis geneem nadat sy glo jare lank miljoene rande by haar werkgewer gesteel het.

Kapt. Yolisa Mgolodela, woordvoerder van die Valke, sê Lana Nell (45) is Dinsdag vasgetrek en staan tereg op aanklag van bedrog of ʼn alternatiewe aanklag van diefstal.

Nell het by die veeartskliniek se finansiële afdeling gewerk toe sy na bewering buitensporige bedrae geld van haar werknemer gesteel het. Sy het tussen Januarie 2018 en Februarie vanjaar na raming meer as R3,5 miljoen gebuit, sê Mgolodela.

Haar werkgewer het snuf in die neus begin kry toe een van die kliniek se verskaffers gekla het oor betalings wat laat gedoen is.

Die saak is in Februarie aan die Valke oorgegee wat bevind het dat Nell oor ʼn tydperk van vyf jaar miljoene rande glo direk in haar eie rekening oorbetaal het. Sy is Dinsdag in hegtenis geneem en het reeds ʼn eerste keer in die Humansdorp-landdroshof verskyn.

“Sy bly in aanhouding tot en met haar formele borgtogaansoek komende Maandag in dieselfde hof,” sê Mgolodela.

Genl.maj. Mboiki Obed Ngwenya, provinsiale hoof van die Valke, sê die ernstige kommersiële misdaadondersoekspan in Gqeberha het al die Valke trots gemaak met hul deeglike ondersoeke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Cherokee ·

R50 0f R500 of R5000 is nie genoeg nie, maar mense wat vasgetrek word vir diesulke bedrog, hou aan en aan totdat hulle uitgevang word. Wat is die verskil tussen bedrog en diefstal? Dit is tog steeds dieselfde ding.

Roek ·

Die verskil is soos omskryf in die strafproses wet van 74 , hul gebriuk dit as ‘n alternatiewe klag indien die hoofklag deur die mat val, dit is bevoorbeel in ‘n motor ongeluk waar iemand oorlede is word ‘n strafbare manslag saak geopen alt Roekeloos en nalatig , die vonnise is dan ook die verskil !

Cherokee ·

Dankie vir die verduideliking Roek. Twee alternatiewe aanklagte dus, vir ingeval een nie deug.

Johan D ·

Theft: It consists of the unlawful appropriation of moveable corporeal property belonging to another with intent to deprive the owner permanently of the property.
Fraud: It is the unlawful and intentional making of a misrepresentation which causes actual prejudice or which is potentially prejudicial to another.

melaney ·

Hopelik sal sy tot ander insigte kom terwyl sy haar straf uitdien agter tralies. “The LOVE of MONEY” ……..

Pierre ·

Die sal spoedig deer gedruk word maar staatskapers sal vie dekades vry rond loop.

jac ·

Wys jou net hoe word die publiek se geld gevreet met die duur pryse wat veeartse vra

Daniel ·

Die valke voel miskien trots maar die groot visse wat skuldig bevind was by die Zondo komissie loop nog vry rond?

Papsak ·

Wel sterkte vir die vrou is nie reg wat sy gedoen het nie maar ek dink dit is die lewe wat ons in is wat jou vat tot sulke dade wel ander kan dit dit doen en loop vry rond maar sy is wit sy sal toe gesluit bly en ook nie borg kry nie sterkte

ES ·

Nie heeltemal nie Papsak, sy is nie van moord aangekla nie, sy salk darem borg kry.

Cherokee ·

ES, mense wat van moord aangekla is kan (kon) ook borg kry. Ek was in iemand se huis wat ter dood veroordeel was maar ten spyte daarvan, op borg uitgelaat is. Sy straf is later verander na tronkstraf. Dit was tydens die afskaffing van die doodstraf. Jàrre gelede dus.

ES ·

Ek verstaan nie hoe mense dink hulle weg gaan kom daarmee nie. Sy is nog jonk, nou is haar lewe virewig verby.

SjN ·

Hoe dink die mens, oneerlikheid betaal nie, sy moet maar die gevolge van haar dade dra.

Koos 100 ·

Dit begin met R100.00. Dan word geld gerol in die boeke. 30 dae betaling word na 90 dae gerek. En kort voor lank moet dit elke dag gebeur, totdat alles ineen stort. My vrou het so ‘n ding oopgevlek by haar werk. Dis eintlik baie maklik om te doen as jy vertrou word. My raad aan alle werkgewers is om tydig en ontydig die boeke na te gaan.

Thelsa ·

En die boekhouers en ouditeure het die fiktiewe betalings gemis. Die praktyk het genoeg geld gemaak om die miljoene nie eers te mis nie.

Jaco ·

As jy as wit mens gedurig worry oor die toekoms van jou werk en jy sien hoe regstellende aksie en BEE al hoe meer rondom jou toegepas word…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.