Ouers dan gevonnis vir kindermishandeling

hof-hamer

(Argieffoto)

’n Kleuter se biologiese ouers sal na verwagting Maandag in die hooggeregshof in Pretoria gevonnis word vir kindermishandeling.

Hulle is in Oktober 2021 skuldig bevind aan aanranding met die opset om ernstig te beseer en kinderverwaarlosing kragtens die Kinderwet. Die hof bevind dat hulle van Maart tot Julie 2020 hul dogtertjie sedert die ouderdom van vyf weke mishandel het.

AfriForum se privaatvervolgingseenheid tree ingevolge ’n waaksaamheidsopdrag op in hierdie saak.

Die dogtertjie het 31 frakture opgedoen weens aanrandings wat by minstens vyf geleenthede toegedien is.

Dokters wat die baba ondersoek en in die hof getuig het, stem saam dat dit waarskynlik is dat die baba kroniese mishandeling van ’n erge graad beleef het en sou kon beswyk aan haar beserings, indien sy nie mediese behandeling gekry het nie. Die hof het die getuienis van al die dokters aanvaar en die weergawes van albei beskuldigdes verwerp. Albei ouers het onskuldig op die aanklagte teen hulle gepleit.

Die baba is op 1 Julie 2020 in ’n kritieke toestand in die Eugene Marais-hospitaal opgeneem met longontsteking, skok en ontwatering. Sy was ook vér ondergewig vir sy ouderdom en rasend honger toe sy opgeneem is.

Verdere toetse het gewys dat haar sleutelbeen twee tot drie weke vóór haar opname ’n fraktuur opgedoen het. Volgens dokters se getuienis word ’n baba se sleutelbeen nie maklik per ongeluk gebreek nie. ’n MRI-skandering het ook beserings aan haar nek en kop getoon, wat die getuies meen heel moontlik veroorsaak is deur iemand wat die baba se lyf so erg geskud het dat haar kop van skouer tot skouer geruk het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Retha ·

Jammer daar was nie so ‘n straf toe ek in die jare 50 so erg mishandel is nie

Nico ·

Die kind is ‘n God gegewe geskenk, die ouers sal hier dalk oor gesien word, sal eendag met die wederkoms betaal vir hul dade ‘n onskuldige kind wat nie gevra het om daar te wees nie, betaal sal julle betaal.

Elize ·

Vuurpeleton. Ons moet in opstand kom, want ons moet die goed voer met ons hardverdiende belastinggeld. Maak die genepoel skoon.

Dries ·

Arme kind. Vertrou sy is nou in goeie sorg, Hoop die ouers word swaar gestraf.

Swerwer ·

Mag daardie sleutel van die selle wegraak en hul boet vir hul gruwel dade

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.