Die egpaar wat Saterdag in hegtenis geneem is nadat hulle hul twee maande oue babaseuntjie in ‘n geparkeerde motor by ‘n winkelsentrum gelos het, het Maandag in die Tzaneen-landdroshof verskyn.
Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die 28-jarige man en 27-jarige vrou is op waarskuwing vrygelaat en moet op 19 Augustus weer in die hof verskyn.
Die egpaar het Saterdag hulle babaseuntjie in die motor gelos terwyl hulle inkopies gedoen het. “Veiligheidswagte het die seuntjie hoor huil en die polisie ontbied,” het Ngoepe vroeër gesê.
Die egpaar is in die winkelsentrum gevind en in hegtenis geneem. Die seuntjie is uit die motor bevry en na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer vir behandeling. Hy is reeds ontslaan en is weer in die sorg van sy ouers.
Hoe de hel gee julle die baba terug vir sy ouers. Dit is mos nou ooglopend dat die kind net vir hulle ‘n las is. Gee die baba vir mense wat sukkel om kinders te kry en wat die baba met opregte liefde sal versorg.
Mense wat so idioties is om ‘n kind, van enige ouderdom, in ‘n motor te los mag nie toegelaat word om enige iets met kinders te doen hê nie! Dit ‘n dag of wat na twee ander kinders saam met die motors gekaap is? Neem die kinders weg en steriliseer die ouers.