Oupa Chembe eersdaags verhoor vir aanranding van jong man

Zander Oosthuizen (Foto: AfriForum privaatvervolgingseenheid)

Die saak teen Oupa Chembe (52) op klagtes van aanranding en kwaadwillige saakbeskadiging is Dinsdag in die Krugersdorpse landdroshof uitgestel tot 20 Julie 2022 wanneer ’n nuwe verhoordatum vasgestel sal word.

Die verhoor sou na verwagting vandag begin het, maar die beskuldigde se prokureur het aangevoer dat die staat nie die beeldmateriaal van die voorval aan hom blootgelê het nie. AfriForum se privaatvervolgingseenheid tree op ingevolge ’n waaksaamheidsopdrag namens Zander Oosthuizen, die klaer in die saak, wat ten tyde van die voorval nog op skool was.

Chembe het na bewering in Augustus 2021 ’n duik in Oosthuizen se voertuig geskop en hom aangerand. Oosthuizen en twee van sy vriende was nog in hul skoolklere toe die vermeende aanval in die parkeerarea van die Key West-winkelsentrum in Krugersdorp plaasgevind het. Die privaatvervolgingseenheid het by hierdie saak betrokke geraak as gevolg van kommer dat daar onbehoorlike inmenging by die ondersoek was, sê Andrew Leask, hoofondersoeker by die privaatvervolgingseenheid.

(v.l.n.r.) Annge Oosthuizen (klaer se ma), Charl Oosthuizen (klaer se pa), Drew Ludick (privaatvervolgingseenheid), Andrew Leask (privaatvervolgingseenheid), Zander Oosthuizen (klaer) en Natasha Venter (privaatvervolgingseenheid) (Foto: AfriForum privaatvervolgingseenheid)

“Dit is teleurstellend dat die verhoor nie vandag begin het nie. Die saak is reeds op ’n vorige geleentheid in Maart 2022 uitgestel sodat die verhoor vandag kon begin,” sê Leask. “Op hierdie geleentheid het adv. Gerrie Nel die hof toegespreek juis omdat hierdie saak so sloer en die ondersoekbeampte het die onderneming gegee dat hy die nodige getuienis aan die beskuldigde se regspan sou blootlê. Dit het egter nie gebeur nie.”

Adv. Jenna Downs, ’n aanklaer van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het nou die saak oorgeneem en sy het Oosthuizen en die privaatvervolgingseenheid verseker dat die nodige prosesse gevolg sal word sodat die saak spoedig verhoor kan word.

“Ons is vol vertroue dat Chembe binnekort verhoor sal word vir die beweerde voorval. Diegene wat hulself skuldig maak aan hierdie tipe boeliegedrag en daardeur die wet oortree, moet besef dat daar gevolge vir hul dade is,” voeg Leask by.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hasie ·

Elke keer word hofsaak uitgestel ….weer en weer en weer…waarom …Kry dit afgehandel want als hoop op en niks word afgehandel nie agv laaksheid …

Christine ·

Jongmense word deesdae geboelie in die openbaar. My seun onskuldig geloop in Krugersdorp, toe ‘n man vir hom sê hulle kom maak ons almal een van die dae dood. Gelukkig het my seun hom ignoreer, maar ek glo as hy iets teruggese het, was hy aangerand. Dis uitlokking.

Toy ·

Die wreedheid hoe ons mense behandel word is ondenkbaar, die goed wat vir ons gese word, maar daar is een Vader in die Hemel wat nie slaap nie, Die wiel gaan nog draai.

Dries ·

Die haat teen blankes word deur sekere politieke partye aangehits, maar die MRK gooi n blinde oog.
Maae as Steve Hofmeyer of enige ander blanke iets kwytraak, word hy binne dae aangekla en gestraf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.