Oupa verdrink voor kleinkind naby Hermanus

Hermanus. (Foto: Verskaf)

ʼn 66-jarige man het verdrink nadat hy deur sterk seestrome by Grotto-Oos naby Hermanus meegesleur is. Hy het saam met sy dogter en kleinkind naby die mond van die strandmeer gestap.

Volgens die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het hy en sy kleinseun (9) moontlik in die vlak water van die strandmeer gestap net voordat hy deur die stroom meegesleur is. Die oewer van die strandmeer het verlede week gedurende ʼn hewige reënbui meegegee.

Luidens ʼn verklaring deur die NSRI is die man deur sy dogter en ʼn bystander uit die water gehelp.

“Die bystander het onmiddellik begin om kardiopulmonêre resussitasie toe te pas en lede van die NSRI-span in Hermanus, die polisie en provinsiale nooddienste is van die voorval in kennis gestel,” lui ʼn verklaring deur die NSRI. “Toe paramedici van die NSRI die man bereik, was hy ongelukkig reeds dood. Die negejarige was ongedeerd.”

Luidens die verklaring is die man se liggaam aan patoloë van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement oorhandig. Die polisie het ʼn nadoodse ondersoek na die voorval begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

tweeling ·

Hoe traumaties moes dit vir die kleinkind gewees het, sterkte

Jdb ·

Waarommword ‘n nadoodse ondersoek gedoen? Oorsaak van dood is tog duidelik. Waarom die familie aan verdere trauma onderwerp?

Snowball ·

Die wet in SA vereis dit na enige onnatuurlike dood. Die familie kan dit nie teenstaan nie.

KantNota ·

Ek vermoed dit moet ‘n geregtelike ondersoek wees, nie ‘n nadoodse ondersoek nie…

John ·

…..en hoe lank sal daardie nadoodse ondersoek neem……nog trauma vir die familie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.