Outa reageer op Sanral-lening

Die e-tolprojek in Gauteng. Argieffoto.

Outa, die Organisasie teen Belastingmisbruik, het Dinsdag vir meer klaarheid rondom die lening wat die Nuwe Ontwikkelingsbank (NDB) aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Pad Agentskap (Sanral) toegestaan het, gevra.

Die NDB het Maandag aangekondig dat hy R7 miljard aan die sukkelende staatsagentskap gaan leen vir die opknapping van plaveisel langs bestaande tolpaaie, die bou van addisionele lane op sekere paaie om dit te verbreed en die opknapping van verwante infrastruktuur soos brûe en interseksies. Die leningstermyn strek oor 15 jaar.

In ʼn gesprek met Maroela Media het Wayne Duvenage, Outa se bestuurshoof, gesê dat die agentskap nie genoeg duidelikheid gegee het nie rondom die terme vir die lening, wat deur die regering onderskryf is, en dat daar ook nie duidelikheid gegee is watter paaie opgeknap gaan word nie.

“Daar heers steeds baie onsekerheid rondom die lening. Sanral het ʼn verantwoordelikheid teenoor belastingbetalers om deursigtig te wees, omdat belastingbetalers die geld verskaf. Dit is net regverdig.”

Duvenage het vroeër aan Business Report gesê dat die lening nie die huidige probleme rondom die e-tolpaaie gaan oplos nie. “Hierdie lening plaas Sanral net verder in die skuld. Die publiek het die reg om te weet hoekom hierdie lening aangegaan is, veral omdat die finansiering aangewend gaan word vir die ‘nasionale tolpaaieversterking- en opknappingsplan’.”

Monale Ratsoma, hoof van die NDB se Afrika-streeksentrum, het gereageer op Duvenage se stellings. “Dit is jammer dat Outa besluit het om negatiewe bespiegelings te maak rondom die lening. Die lening sal nie vir die herfinansiering van bestaande lenings gebruik word nie. Wat regverdig sal wees, is as Outa direk met Sanral in verbinding tree en nie net uit die heup skiet nie,” het hy aan Maroela Media gesê.

Duvenage het op sy beurt gesê dat Outa se versoeke aan Sanral onbeantwoord gelaat word.

Die areas wat geoormerk is vir opknappings sluit projekte in by Mtunzini, Tongaat, Ballito en Paradise Valley in KwaZulu-Natal asook by Winburg in die Vrystaat, het Ratsoma gesê. “Sanral het ʼn groot agterstand en die NDB is baie gewillig om verdere, redelike bystand aan die organisasie te verleen.”

Sanral kon nie vir kommentaar bereik word nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Wielspore ·

R7 Miljard vir sypaadjies… dit is nog nie 1 April, dit is seker bedoel om nog ‘n onsuksesvolle projek deur korrupte staatsamptenare te finansier.

Pieter ·

Hulle sien hoe gaan dit met hulle broers in zimbabwe maar hulle leer nie hulle sal ook noot leer nie meeste van hulle het net graad een klaar gemaak dit is hoekom dit gaan soos dit gaan ons moeilikheid kom nog mense

Dries ·

Solank as wat hulle in beheer is so lank gaan die geplunder aan hou mense ons sit met n regering wat nie eers kan op tel of af trek nie maar hulle best die land ons moeilikheid kom nog

Gert van Wierdapark ·

Die Nuwe Ontwikkelingsbank en sy “lening” aan Sanral, is maar nog net “another Brick(s) in the Wall” van die skuld (skand) – muur wat ons in SA bou = Eskom, SABC, SAL, Denel ens ens.!!!

Anni ·

Weet julle Wat jul dun. Gaan niks terug Kry ni. Snaaks dis ni weer van ons staats pensieon gevat ni

Lana ·

Ek is baie verbaas dat niemand nog beswaar gemaak het teen die gebruik van die woord “Outa” nie …

wilma ·

As ek die spulletjie so bekyk en beluister, lyk dit asof e-tol gekom het om te bly. Wanneer word daar nou ‘n finale besluit geneem?

Manie van Worcester ·

vergeet daarvan, voorwaardes te streng, pensioenplundering is egter maklik

Klakous ·

Minder salarisaanpassings, laer leefstyl sal meer geld vir noodsaaklile opknappingswerk beteken. So eenvoudig soos dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.