Outistiese seun wag op operasie ná hond hom aanval

Seunn Joubert. Foto: Verskaf

ʼn Negejarige outistiese seuntjie van Krugersdorp moet dringend ʼn operasie ondergaan nadat die gesin se hond hom die afgelope naweek aangeval en sy kuit verskeur het.

Seunn Joubert word tans in die Leratong-hospitaal behandel, maar is sedert die voorval steeds nie geopereer nie.

Amor Schoeman, woordvoerder van die Child Medi-organisasie wat ouers met mediese hulp bystaan, het aan Maroela Media gesê die voorval het Saterdagmiddag gebeur. Sy sê dit is nie duidelik wat daartoe gelei het dat die hond vir Joubert aangeval het nie, maar die kind se pa moes ʼn stuk draad gebruik om die hond van die seun af te stoei.

“Die hond het Seunn se hele linkerkuit tot op die been oopgeskeur. Ons verwag dat daar dus ook skade aan die spiere en senuwees in die been sal wees,” het Schoeman gesê. “Seunn is dadelik ná die voorval na die Dr Yusuf Dadoo-hospitaal gehaas, maar moes na die Leratong-hospitaal oorgeplaas word omdat die eerste hospitaal nie werkende teaters het nie.”

Schoeman het gesê Joubert is egter nog steeds nie geopereer nie en dit is nie duidelik wat die oponthoud is of wanneer hy geopereer sal word nie. “Ons het ʼn chirurg gekry wat bereid is om gratis op Seunn se been by die Life Robinson-hospitaal in Randfontein te opereer, maar die hospitaal- en teaterkoste moet steeds gedek word. Totdat ons die geld het om dit te betaal, kan hy nie na hierdie hospitaal oorgeplaas word nie,” het sy verduidelik.

Sy wou nie onmiddellik die chirurg se naam bekendmaak wat aangebied het om die operasie te doen nie.

Schoeman het gesê daar word na raming R67 000 benodig voordat Joubert na die Life Robinson-hospitaal oorgeplaas kan word. “Daar word verwag dat hy minstens drie uur lank in die teater sal wees en minstens twee dae lank in die hospitaal sal moet bly,” het sy gesê.

Besoek die Child Medi-organisasie se Facebook-blad vir meer inligting oor die geldinsameling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Alet ·

Dit is die grootste skande dat die staatshospitale in so ‘n haglike toestand is. En almal is in so. Al is daar nie medikasie of teaters nie, kan die verpleegsters en skoonmakers darm die plek skoon hou. Kyk die berigte van die Pelenomi hospital wat onlangs sonder aankondiging besoek is. Skandelik vuil.

d ·

dis so sad Alet. 2005 was my Seun in n ongeluk betrokke buite Bloem. hy was na mediclinic geneem. volle medies, sien. n swart kollega wou nie vur medies betaal nie. hy was na Pelenomi genoem. drie operasies en twee bloedoortapings in vyf dae gehad. op agste dag het hy my gestuur om sy kollega in Pelenomi te gaan sien. dit was silwerskoon. hy was goed behandel. terwyl my Seun in die privaat hospitaal gelê het metdie sakkies van die eerste bloedoortappings steeds op die bedkassie en in die vuilgoedmandjie in sy kaner gelê het.
ek hoop die seuntjie kry die behandeling wat hy nodig het en herstel gou.

Sime ·

Hoeveel meer honde-aanvalle moet ons van lees. Tyd dat die eienaars vasgevat en vervolg word.

Lorieka ·

Dit is so sad mens besef nie n hond bly n diet Al is hy hoe special sterkte iets moes hom bje kwaad gemaak het word gou gesond seun jy is mos n bul dankie vir sulke wonderlike dokters Wat dit gratis doen

Ou Vlakvark ·

So, wat leer ons almal hieruit?
En wat gaan ons almal daaromtrent doen en wanneer en hoe?
En wie en wanneer gaan die volgende slagoffer wees? Tragies en pateties.

Eish ·

Tragies dat enigeen in nood mediese behandeling ontsê word net omdat hul nie mediese sorg kan bekostig nie. Dit skree ten hemele.

Anoniem ·

Wat het geword van die eed wat die drs aflê om altyd die hoogste etiese norme teenoor hul pasiënte na te kom! Jy kan klere koop en afbetaal by winkels maar ‘n lewe beteken niks!

Tinktinkie ·

Anoniem dis nie dokters wat nie wou help nie….die teaters was nie in n werkende toestand nie en indien d hospitaal nie n operasie toelaat nie kan d dokters duidelik nie d seuntjie in d straat of d hospitaal tuin opereer nie. Blameer asb d regte partye. Ons as spesialiste se hande is af gekap, indien ek sou opereer waar dit nie toegelaat word nie, sal ek mediese skorsing en moontlike permanente verwydering vd mediese raad in d oog staar.

hoe gemaak ·

EK is baie lief vir diere maar ek dink ek sou dieselfde opgetree het as die pa eerste en naaste ding gegryp het en my kind se lewe red….of moes hy die hond geskiet het en hoop dat hy nie sy kind raak skiet nie.
EK kan nie dink dit was vir hom maklik gewees nie want dis immers sy hond gewees. Maar tussen my kind en my hond kies ek my kind.
Se maar net

broos ·

as hulle die goedkoper tender aanvaar het kon hulle die ander R12miljoen gebruik het om Yusuf Dadoo se teaters in werkende orde te kry…..en nou moet kinders ly…..maar more stem ons weer vir anc

Belinda ·

Ek sou presies die selfde gedoen het as dit my kind was wat deur die hond aangeval is. Eks jammer ek sou ook als gedoen het om my kind te red. Wat my egter meer ontstel is die buurman wat eerder die video opneem as om te help. Mnr die buurman ek hoop van harte dat jy nooit in so situasie is nie, Die mensdom het regtig verval na modder vlak, want almal sal eerder toekyk as om te help.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.