Pa in hoewe-aanval buite PE gewond

(Argieffoto: pixabay)

Die vier aanvallers met klapmusse wat Maandagaand op ʼn 57-jarige pa en sy 18-jarige seun op hul kleinhoewe buite Port Elizabeth in die Oos-Kaap losgebrand het, is steeds soek.

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het omstreeks 20:30 by Thornhill, ʼn landelike gebied tussen Port Elizabeth en Jeffreysbaai, gebeur.

“Die pa en seun was na bewering in die huis toe hulle skielik skote hoor klap het en klippe deur hul huis se vensters geslinger is. Die twee het in ʼn slaapkamer gaan skuil en die alarm geaktiveer.

“Die pa is in die skietery in die been gewond,” het Swart gesê.

Sy seun is nie beseer nie.

Volgens Swart het die geloei van die alarm die aanvallers vermoedelik verwilder en het hulle te voet in die rigting van die N2 gevlug. Die aanvallers was nie in die huis nie en in dié stadium lyk dit nie of enigiets gesteel is nie.

Die pa en seun het kort ná die voorval ʼn veiligheidsmaatskappy en die polisie ontbied.

Swart het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord. Die motief vir die aanval vorm ook deel van die ondersoek.

  • Enigiemand met inligting oor die voorval word gevra om konst. Chandre Aweries te bel by 082 441 8150 of die Thornhill-polisie by 042 286 6200/08.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Zaks ·

Tipies ANC & EFF “kom van jou grond af” boodskap. Die regering sal moet begin pa staan vir misdade. Eiese, loss of income. Taxpayers betaal op sekere goed wat regering MOET bied…. VEILIGHEID.

Plassie ·

As goewerment moet betaal vir landelike of is dit dalk blanke veiligheid, waar gaan hulle geld kry om gratis behuising, gratis water, munisipale dienste en gratis krag en gesondheidsorg uit te deel?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.