Paneel aangewys om Wilgenhof-gebeure te ondersoek

Die Wilgenhof-manskoshuis in Stellenbosch. (Foto: Maroela Media)

Die Universiteit Stellenbosch (US) het ʼn paneel van drie lede aangewys om ʼn ondersoek te doen na die inhoud wat in twee kamers by die Wilgenhof-koshuis gevind is.

Daar is vroeër berig dat grafiese beelde, sketse en geskrewe beskrywings van “straf” wat in dié koshuis toegedien is, onder die items is wat agter die geslote deure van Wilgenhof-koshuis gevind is. Daar is in mediaberigte ook verwys na die “gruwelike mishandeling” waaraan sommige inwoners onderwerp is.

Die paneel sal gelei word deur adv. Nick de Jager. Hy sal bygestaan word deur dr. Dereck Swemmer, voormalige registrateur van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) en die Universiteit van die Vrystaat (UV), en Penny van der Bank, adjunkregistrateur vir oorsigbestuursondersteuning aan die US.

“Die rektoraat beoog om deur dié ondersoek te verseker dat die paneel die verwesenliking van die US se kulturele transformasie rugsteun in ooreenstemming met die universiteit se Visie 2040,” lui ʼn skrywe wat aan die universiteitsgemeenskap gestuur is.

Die mandaat van die paneel is onder meer om ʼn begrip te skep van die historiese, kulturele en simboliese dimensies van die inhoud en funksies van die twee vertrekke en dit teen die agtergrond van akkulturasiepraktyke by Wilgenhof-koshuis te oorweeg, en die rektoraat dienooreenkomstig van raad te bedien.

“Om in detail die betekenis van die inhoud en funksies van die twee vertrekke binne die breër institusionele kultuur en werksaamhede van US-koshuise te oorweeg. Om te evalueer of, en in watter mate, die rekords, praktyke en algemene kultuur van Wilgenhof teenstrydig is met die waardes van die universiteit en inbreuk kan maak op die menswaardigheid van huidige en voormalige US-personeel en studente. Om te bepaal of onaanvaarbare praktyke in Wilgenhof met verloop van tyd deur universiteitspersoneel, alumni of studente verswyg of verdoesel is, en om te bepaal of daar bewyse is van gedrag deur vorige en/of huidige studenteleierskap en/of bestuur van Wilgenhof wat strydig is met enige beleidstellings, regulasies, reëls of die dissiplinêre kode vir studente van die US.”

Volgens die US sal hy as deel van die proses akademiese en professionele kundigheid aan die paneel beskikbaar stel om oorleg te pleeg oor verskeie aspekte wat verband hou met die geskiedenis, tradisies, sosiologie, sielkunde en kultuur van die US en sy koshuise.

“ʼn Verslag sal na verwagting teen einde Februarie, of so gou moontlik daarna as die paneel meer tyd versoek, by die rektoraat ingedien word.”

Maroela Media het einde Januarie berig dat die Wilgenhof-koshuis 24 uur per dag gemonitor sal word om te verseker dat die koshuis deurentyd in ooreenstemming is met die waardes en aanvaarbare praktyke soos onderskryf deur die US.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Daizee ·

Wenseens ‘n sogenaamde kommissie na máánde se “ondersoek” een of ander nikseggende resultate én oplossing én optrede lewer wat weer net ‘n hoop geld genereer!!
Ons wag nóg steeds vir énige optrede na die biljoenrand + se staatskaping en vele ander ondersoeke!!!!!!

electricmango ·

Moenie karring waar dit nie nodig is nie, dis geskiedenis, water onder die brug. Deur die dinge oop te vlek gaan geen duit verskil maak nie. Wat wil die mense bereik, los dit.

George ·

Mishandelaars moet altyd oopgevlek word, maak nie saak hoelank na die tyd dit is nie.

kaplyn ·

Nou OK nou word die “mishandelaars” oopgevlek. Wat gaan dan gebeur? Gaan julle hulle voor die hof daag, skuldig bevind en in die tronk toesluit?

Korrelkop ·

Ek kon in my lewe nog nooit verstaan waarom daar bv Ontgroening nodig is nie. Ek haat enige vorm van vernedering, hetsy ontgroening, boelie of wat ookal. Laat hulle aan die pen ry! Dis net volslae swakkelinge wat van sulke dade hou.

Koen ·

Hoe skerm die manne nou. Sal baie graag wil sien wat nou so onder die mat ingevee moet word. Skandes moet uit.

AREND1 ·

Kyk nou wat doen die studente in die daar en dan is dit nog toi-toi en demant.Dan is dit nogal die mense wat studeet vir n dokter of n dokter of n predekant ens en dan moet ons of ons kinders nou na hulle luister met hulle SWAK gedrag.

Catherina ·

Wys liewers n paneel aan om INISIASIESKOLE te ondersoek. Swart seuns gaan deur baie erger as wat n paar papbroeke op Wilgerhof nou oor kla. Kies vir julle n ander koshuis as dit vir julle pla
.

OW ·

Dit sê ook nie veel van die Universiteit se bestuur van die afgelope 60 jaar nie.Hierdie is nou onlangs ontdek en dit het onder hulle neuse plaasgevind.Maties se tradisies is lankal by die agterdeur uit.

George ·

@Catherina, tribes se tradisie is BAIE anders as Wilgenhof se siek praktyke.

George ·

@Arend, so seksuele aanranding is oraait, solank iemand nie toi-toi nie?

Dirk ·

Regtig electricmango? Hierdie tipe goed het geen plek in die samelewing nie en dit absoluut geen doel nie, behalwe om mense af te breek en te verneder. Dit moet oopgevlek word en elke persoon wat betrokke is en dit wegsteek moet betaal vir dit.

George ·

@Drik, @Electricmango was ook tengunste van die een wat geurineer het op n ander se laptop en besittings.

Koen ·

Sal bitter graag wil sien wat hier uitkom. Die skynheiliges wat die duiwelsgoed in die donker doen.

NelNel ·

Ondersoek dan ook inisiasieskole en laat daardie oortreders ook aan die pen ry.

Niemand dink dis reg dat ‘n dronk eerstejaar op ander se besittings urineer nie. Maar waarom is die verkragter wat net daarna op Stellenbosch aangekeer is, nie ook ontmasker, en verkleineer in die media nie?

Alles en almal wat Afrikaans is, moet bespot word, en oordadig vervolg word. Daarvan het ‘n mens nou ook al genoeg opgevreet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.