Paramedici stop om hond te probeer red

IMG-20150915-WA0002 as Smart Object-1

Die hond wat raakgery is. Foto: Netcare 911

Paramedici van Netcare 911 het Dinsdagoggend iets buitengewoon gedoen deur ʼn hond wat deur ʼn motor raakgery is, te behandel.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die hond is omstreeks 06:20 in Main Reefweg in Roodepoort, Johannesburg, raakgery en aan die kant van die pad vir dood gelaat.

“Besorgde omstanders het na die hond gehardloop en die dier probeer help. ʼn Ambulans was in daardie stadium op pad na ʼn noodgeval en het verby die omstanders gery,” het Botha gesê. Die omstanders het die ambulansbestuurder se aandag getrek en gevra om stil te hou, wat hy gedoen het.

“Die paramedikus het aan hulle verduidelik dat hulle eintlik op pad was na ʼn ander noodgeval, maar toe besluit om ʼn ander noodvoertuig te versoek om daarheen te gaan, sodat hulle na die hond kon omsien.”

Die hond was ernstig beseer. Paramedici het die hond se bloeding gestop. Die hond is op ʼn draagbaar geplaas en na die Roodekruin-dierekliniek geneem waar ʼn veearts dit ondersoek en x-strale laat neem het.

IMG-20150915-WA0004 as Smart Object-1

Die hond by die veearts. Foto: Netcare 911

“Ongelukkig was die hond se beserings te erg en was die menslike ding om te doen om die hond uit te sit. Dit was vir paramedici hartseer nuus, maar hulle is daar weg en het aangegaan met hul daaglikse pligte,” het Botha bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Van ·

dis nou menslik, dankie dat julle ingetree het vir die diertjie, en ek hoop daai eienaar van die dier kry ‘n vet klap want ‘n dier moenie op straat rondloop nie.

Eurika ·

Dit maak my so baie hartseer as ek beseerde diere of siek honde langs die pad vind. Ek is dankbaar dat daar wel nog mense is wat omgee vir diere. Baie dankie Netcare 911 se Paramedici span. Ek wens ek kon nou vir julle elkeen ‘n groot geskenk gee uit dankbaarheid. Nogmaals baie dankie! Julle maak my trots!

Tascha ·

Doen so voort Netcare 911! Julle is voorwaar helde vir nie net julle mens pasiente nie maar ook vir hierdie dier wat julle op daardie tydstip nodig gehad het. Die paramedics verdien beslis ‘n pluimpie vir hul goeie daad!

Ronel ·

Is dit nie n wonderlike gebaar nie..Daar is toe nog mense daar buite wat regtig omgee vir ons 4 voet kinders..Baie dankie aan almal wat woef bygestaan het..Hys nou in die honde hemel r.i.p baby..Van jys reg daardie eienaar kort n vet klap

Theresa ·

Baie dankie dat julle gestop het om te help. Die dier het ook gevoelens en het ook seer gehad. Daar was ‘n hartjie wat geklop het. Mag julle uit julle sokkies uit geseën word vir diè optrede. So jammer dat die dier nie ‘n 2de kans kon kry nie. Ek hoop daardie gevoellose wese wat die dier raagery en net so gelos het 5 pap wiele kry en vir ‘n jaar nie op ‘n stoel kan sit nie. (En net vir die wat nou weer dink ek is ‘n vrou en ‘n kar het net 4 wiele – daar is ‘n spaarwiel ook).

Lynette ·

Die persoon wat hond raakgery het en nie gestop het om hulp te verleen kort meer as n vet klap.

Marie ·

Baie dankie! Daar is sommer baie mense met ligter harte vandag♥

Petro ·

Baie Dankie Netcare so bly om te sien daar is mense in hul werks uniform wat nog omgee en nie net daar is vir die salaris nie.Baie trots op julle

pop ·

Dit gee my moed vir die mensdom as iets nice vir n verandering gebeur. Mooi so julle!!!!

Hennie ·

Wat ‘n groot gebaar van paramedici om die hondjie te probeer red. Julle groothartigheid beteken sommer baie vir ons diereliefhebbers, mag God julle seen!!

Poppie ·

Tien uit tien vir die paramedici. Ek lig my hoed vir julle. Jul verdien n medalje. Ek sou ook as ek n medic was. Diere is my alles in die lewe… Gaan groot!!!!

Susan Greeff ·

Baie dankie Nedcare! So dankbaar dat julle die weerlose hond gehelp het.

CHRISTA ·

Netcare, BAIE DANKIE dat julle weer eens bewys dat ons land nie net uit ‘n klomp koue, selfsugtige, egoïstiese burgers bestaan nie!!! As ek weet waar om julle in die hande te kry, skenk ek julle ‘n kilogram spog boerewors en ‘n dosyn bier!!! DRIE HOERA’S VIR JULLE!!!

Rieks ·

BAIE dankie Netcare 911 & Roodekruin Dierekliniek – julle harte is op die regte plekke en ek is seker dat julle dubbel en dwars geseen gaan word vir die menslikheid wat julle openbaar het. Ek het nie kinders nie, maar my honde is soos my kinders. Hulle is altyd bly om jou te sien en gee jou glad nie grys hare van bekommernis nie – JY as eienaar moet na hulle kyk. Hoop hierdie hondevriend rus in vrede <3

Linda ·

Netcare. Dit is net soos julle naam is net care. Of dit dier of mens is julle care. Dankie.

Linda Browne ·

Julle is nie net ń naam nie. Voorwaar julle care of dit dier of mens is. Dankie

Belinda Bosman ·

WOW….hoe wonderlik. Mense met harte. julle maak mens trots. Amazing!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.