ʼn Ambulans-assistent is Saterdag dood en haar twee kinders beseer ná ʼn ongeluk in Vredenburg in die Wes-Kaap.
“Sy en haar twee kinders het saam in ʼn motor gery toe hulle ʼn ander motor naby die St Helenabaai-afrit getref het,” het Robert Daniels, woordvoerder vir die nooddienste gesê. “Haar twee kinders en twee persone in die ander motor is in ʼn kritieke toestand.”
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie duidelik nie.
Vredendal en Vredenburg is ver van mekaar af?
Dagsê Jan
Sjoe, baie dankie – die opskrif is inderdaad foutief. Die ongeluk het in Vredenburg plaasgevind.
Ons het dit nou reggestel.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Die mense is regtig gevoeloos pp die paaie en hul kant spieels is vir bak ore nie om agter toe te kyk vir aan komende voertuie nie en die middel spieel is om gremering aan te wend