Parool het vir Vicki Momberg gewink

Vicki Momberg Donderdag in die hof. Foto: ANA

Die staat het nie Vicki Momberg se aansoek om borgtog teengestaan nie, aangesien sy binnekort vir parool in aanmerking sou kom en nie as ʼn vlugrisiko beskou word nie.

Momberg is Donderdag in die streekhof in Randburg op borgtog van R2 000 vrygelaat hangende haar appèlaansoek.

Staatsaanklaer Yusuf Baba het gesê Momberg het reeds vier maande tronkstraf uitgedien en dat sy oor sowat twee maande vir parool in aanmerking sou kom.

Kingdom Onah, Momberg se prokureur, het met die aanvang van die verrigtinge versoek dat sy kliënt se boeie verwyder word.

Onah het aan die hof gesê Momberg is 49 jaar oud, was voorheen ʼn eiendomsagent en dat sy geen vorm van inkomste het nie en haar ouers pensioenarisse is. “Die verdediging het met haar familie en vriende gepraat en hulle kon daarin slaag om R2 000 bymekaar te maak.”

Momberg het gevra dat, indien daar voorwaardes aan haar borgtog sou wees, sy toegelaat sou word om na Durban te reis.

Landdros Pravina Raghoonandan het Momberg op borgtog van R2 000 vrygelaat hangende die uitkoms van haar appèlaansoek. Die saak is tot November uitgestel.

Momberg se aansoek om verlof tot appèl teen haar skuldigbevinding en vonnis het Maandag in die hooggeregshof in Randburg geslaag.

Momberg is vroeër tot drie jaar tronkstraf gevonnis, waarvan een jaar opgeskort is, nadat sy in November verlede jaar op vier aanklagte van crimen injuria skuldig bevind is ná sy ʼn swart polisiebeampte rassistiese beledigings toegesnou het.

Sy is in Februarie 2016 op video vasgevang waarin sy die polisiebeampte, wat haar gehelp het nadat sy die slagoffer van ʼn gryp-en-spaander-voorval was, die k-woord noem. Dit het tydens die verhoor aan die lig gekom dat Momberg dié woord 48 keer in die video gebruik het.

Sy het geskiedenis gemaak as die eerste persoon in Suid-Afrika wat tronk toe gestuur is vir rassisme.

In Junie verlede jaar het die gelykheidshof ook beslis dat Momberg R100 000 skadevergoeding aan konst. Clement Mkhondo moet betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

ES ·

Die enigste regverdigheid wat hier geskied het is die feit dat sy borgtog toegestaan is en dat sy mag reis. Niemand anders word vervolg oor rassisme nie, kry net ‘n raps op die vingers. Rassisme is verkeerd en geeneen moet hulself daaraan skuldig maak nie, maar op hierdie stadium is dit ‘n eenrigting straat en word net sekere mense vervolg.

AP ·

Ek stem saam met jou ES, in alles wat jy se, ons seun was gister in JHB by ‘n oproep met ‘n rewolwer teen sy venster van sy voertuig deur twee beroof, terwyl daar drie rye karre gestaan en wag het om te ry, so hulle kon nie die voertuig vat nie maar ons bly dankbaar dat hulle hom nie geskiet het soos met ander al gebeur het nie, wens daar kan ‘n oplossing kom vir al die misdaad, maar nommer een is en daar stem ek met Donald Trump saam jou grense moet beskerm word ons grense is soos ‘n oop hek “almal welkom”…..

moeg vir patete ·

JA sy was verkeerd maar daar is soveel erger dinge wat gebeur… Plaas bring hulle die doodstraf terug dan sal ons land ‘n baaaaaie beter plek wees

koos1 ·

Is jy regtig bereid om die mag van die doodstraf in die huidige regering en howe se hande te plaas?
Daar is tans soveel onbevoegde (en politieke) hofuitsprake, dat ek dit nie tans wil sien gebeur nie.
As ‘n regering bevoeg is en AL sy burgers se belange op die hart dra, dan sal ek daarvoor stem.

Lana ·

Daar sal noodwendig ‘n “MAAR” wees vir solank dinge so onregverdig is soos huidig.

MOEG VIR ALMAL ·

NATUURLIK IS DAAR ‘N MAAR in elke liewe saak. Die hele REGSTELSEL is op MAAR gebou. As iemand bv homself skuldig aan ‘n oortreding gemaak het MAAR dit is sy eerste oortreding, word hy ligter gestraf. AS iemand ‘n kriminele daad gepleeg het MAAR hy dien versagtende omstandighede in, word hy ligter gestraf, so JA DAAR is ‘n MAAR en veral die REGSTELSEL is geskoei op die woordjie MAAR. Iemand het bv oortree MAAR omdat hy nie van beter geweet het nie, omdat hy verstandelik gestrem is Sy het oortree MAAR mense wat baie erger rassistiese dade gepleeg het word NIE VERVOLG NIE, so totdat die speelveld GELYK is dal daar altyd ‘n MAAR wees, VERAL in die regstelsel.

Pasop ·

Pasop waarvoor jy wens!
Beland hierdie mag in die ANC se hande, sou hulle heel moontlik vir Vicky die doodstraf gegee het!

bollie ·

Hoekom kom sy so gou in aanmerking vir parool? Moet ‘n gevangene nie ten minste twee-derdes van die gevangenisstraf uitdien nie?

Tjollie ·

Hoekom is jy so hard op haar? Die ander loop sommer vry by die deur uit SONDER om die binnekant van ‘n tronk te sien. HOEKOM is die TUKSSTUDENT nie ook tot tronkstraf gevonnis nie? Hoekom kon hy net om verskoning vra? Hoekom het jy nie aangegaan oor SELEBI en SHAIK wat nie twee derdes van hulle vonnisse uitgedien het nie of is Bollie en Vicky nie van dieselfde dam se eende nie?

Katerina ·

Hoekom kom Malema en Andile Mngxitama van BLF niks oor vir hulle veel erger uitsprake nie??? Vir hul aanhitsing en ongelooflik rassistiese haatspraak??? Jy vra hoekom die onnie n kind wat nie huiswerk gedoen het nie,vroeer uit detensie klas laat loop – Terwyl 2 leerders wat die dood van die hele personeel aanhits Nooit n detensie klas sien nie..

bollie ·

Ek vra bloot ‘n algemene vraag. Sy is nou vir 3 jaar gevonnis waarvan 1 opgeskort is. Hoe kan sy na net 6 maande vir parool in aanmerking kom?

Pasop ·

Jy kan in aanmerking kom vir parool as jy een derde van jou fonnis uitgedien het. 3 jaar waarvan 2 opgeskort was. 4 maande is een derde van die 1 jaar.

HPV ·

Persoonlik is ek nie bereid om die doodstraf se bestuur aan die regime oor te laat nie, hulle kon nie eers die land se rioolplase bestuur nie…

rafel ·

Bollie, so ver ek weet as jou tronkstraf 5 jr of minder is hoef jy net 10de van die vonnis uit te dien en kom dan in aanmerking vir parool.

Nettie ·

@Bollie, maak bietjie kop skoon van die bollie en doen jou sommetjies. Volgens SA wet hoef jy net 1/3 van die opgelegde straf uit te dien voor parool oorweeg word, mits jou gedrag goed is, parool deur die paroolraad goedgekeur is en geen objeksie teen jou vrylating ingedien word nie. So, me. Momberg het byna-byna die 1/3 van haar straf uitgedien, met aanhoudingstyd in ag geneem, dus sou sy oor 2 maande vir parool in aanmerking gekom het.

Shaun ·

Nee Rafel …..Jy sit die pot mis…..Ek is 2013 tot 3 jaar tronk straf gevonnis….Moes die helfde uit dien…… Dit het alkes met die artikel waarvolgens jy gevonnis word te doen…..M.A.W……176j….of 176 b……….

bollie ·

Shaun jy’s reg dat verskillende artikels verskillende vonnisse/scenario’s reël. In dié geval kan sy aansoek doen vir parool na sy een-sesde uitgedien het. Sy’t 36 maande gekry dus 6 maande.

Rupert Ashford ·

Die skande bly nogsteeds dat sy ‘n SLAGOFFER VAN MISDAAD was en moontlik in ‘n staat van trauma was toe “misdaad” gepleeg is. Wonder hoe vorder die polisie se ondersoek na die rooftog of het dit gestop na die “stop” knoppie gedruk is nadat sy opgeneem is?

kamasi ·

belaglikste van die hele aangeleentheis is dat die wyse mense van die sapd n swart man uitstuur na n geval waar n blanke dame (alleen) pas deur swart mans getraumatiseer was. dit is net absurd.

ctd ·

As die konstabel n R100 000 moet kry vir diskriminasie teenoor hom dan moet elke boer wat vermoor word is ons land se familie ook die nodige regverdiging kry (DOODSTRAF VIR MOORDENAARS ) wat hulle toekom . Wat goed is vir die een is net so goed vir die ander.

Nettie ·

@ctd – ja, ek dink vanmôre daaraan toe Bheki Cele so breëbors praat oor die suksesse wat die Anti-KIT-rooftogte Eenheid die afgelope tyd bereik het, en hoeveel inhegtenisnames nou al daar was ens. ens. ens. – waar is die gespesialiseerde ondersoekeenheid na PLAASMOORDE?????????????

Jy lees in die media van talle plaasmoorde en daarna kraai geen haan eenvoudig weer nie; selde, indien ooit, hoor jy dat daar’n inhegtenisname gemaak is na nóg ‘n wrede plaasmoord en dan – die enkele kere wat daar wel ‘n arrestasie en aanklag gemaak is – neem dit etlike járe voor die oortreder(s) belaglike ligte vonnisse ontvang.

Nee wat, dit is duidelik: tans beleef ons ‘n georkestreerde volksmoord, sonder enige regspleging en is daar ‘n regstelsel vir die gekleurdes in die land en ‘n totale ander regstelsel vir blankes.

Ja ·

Die woord rasisme het geen akademiese integriteit nie. Dit is n opgemaakte woord met die enigste doel om wit mense te “sideline”.

Ons weet ·

Ja maar die artikel se duidelik PAROOL het in elk geval vir haar gewink .. LEES WEER.

Tarien ·

Sterkte Vicky, hierdie vrou se lewe is vernietig. Hierdie dubbele standarde is om van siek te word
?

Wonder ·

Ek is bly dat sy uit is op borgtog en dat sy moontlik vroeër vrygelaat kan word. ‘n Mens kan nou moan en groan oor die regering se besluite, maar dit wat met haar gebeur het, is harde realiteite en moet ‘n mens baie mooi dink voor jy praat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.