Parys-boere: Uitspraak nou eers in 2020 gelewer

Van links: Anton Loggenberg, Boeta van der Westhuizen, kapt. Henk Prinsloo, Cor Loggenberg, Loedie van der Westhuizen en Miela Jansen van Vuuren. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Uitspraak in die opspraakwekkende moordsaak teen die ses boere van Parys in die Vrystaat wat op twee aanklagte van moord teregstaan, sal na verwagting nou eers in 2020 gelewer word.

Boeta van der Westhuizen, sy seun Loedie van der Westhuizen, Anton Loggenberg en sy seun Cor Loggenberg, kapt. Henk Prinsloo en Miela Jansen van Vuuren het vandeesweek vir die soveelste keer in die hof verskyn vir die moord op Samuel Tjixa en Simon Jubeba in Januarie 2016. Die staat beweer die ses beskuldigdes was deel van ʼn groep boere wat op 6 Januarie 2016 vir Tjixa en Jubeba op die plaas Swartklip aangekeer en só erg aangerand het dat hulle later in die hospitaal aan hul beserings beswyk het. Die oorledenes was glo vroeër die dag by ʼn plaasaanval betrokke.

Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het Vrydagoggend aan Maroela Media bevestig dat regter Corné van Zyl Donderdag die saak tot 17 Maart 2020 uitgestel het.

Dit is die derde uitstelbesluit vanjaar.

Van Zyl sou aanvanklik in Mei haar uitspraak lewer in dié opspraakwekkende verhoor wat al sedert Mei 2017 sloer, maar het die saak uitgestel omdat die uitspraak nog nie gereed was nie. Die uitspraak is toe weer in Julie uitgestel, aangesien Van Zyl ernstig siek was.

Volgens Shuping is die saak onderskeidelik vir 17 tot 20 Maart, 6 tot 9 April en dan weer 28 tot 30 April 2020 op die hofrol geplaas.

“Ons is teleurgesteld, maar soos die regter aan die begin gesê het, dis ʼn baie komplekse saak met baie uitdagings. So, ons moet nou net rustig raak en die saak sy verloop laat neem,” sê Rikki van der Westhuizen, Boeta se vrou en Loedie se ma, ná afloop van die jongste uitstel.

Van Zyl het vroeër vandeesweek in die hof gesê die saak is uitdagend, met baie kwessies wat met die verloop daarvan opgeduik het.

Van Zyl het Dinsdag uitgelig dat die saak die afgelope twee jaar en vyf maande 64 dae lank in die hof aangehoor is. Die saak het die afgelope paar jaar talle uitstellery en terugslae beleef, onder meer weens verskeie veranderings wat aan die verdediging se regspan gemaak moes word. Die veranderinge sluit in die afsterwe van ʼn regsverteenwoordiger.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Genieve ·

Belaglik!!!!…asb julle mos die belastingbetaler se geld hoop hier kom niks van nie.

Nettie ·

Ja, Koos Roos, jy sal so “Doodstraf, doodstraf, doodstraf, asseblief!” skree tot dit een van jóú geliefdes of familielede is wat in die aangeklaagde bank staan en onder die jurisdiksie en besluitneming van ‘n ras-beïnvloedbare regter en regstelsel val; dan sal jou oë (hopelik) oopgaan en jy (julle) hopelik besef dat ‘n mens moet pasop waarvoor jy wens.

Koos Roos ·

Nettie, ek het dit juis geplaas dat die mense wat altyd so “doodstraf” skreeu bietjie moet begin dink. Hoe wil mense die doodstraf hê in ons land, waar dinge net nooit reverdig gebeur nie.

Judge Dredd ·

Dis nou wat mens “injustice” noem.
Het al die aanklae/bewyse/verwerings gehoor en wil dan besluit/uitspraak weerhou vir 6 maande.

Michael P ·

Ek het nie die saak so mooi gevolg nie Wil graag net weet het hierdie 6 mans nie n plaas aanval afgeweer nie. wat het hulle dan op die plaas gesoek ?

Diefie ·

Die 2 wat dood is, was betrokke by ‘n plaasaanval! By hoeveel aanvalle was hulle betrokke? Was daar nie ook moord bybetrokke nie? Vra maar net.

schaun ·

Dit is hoekom ek altyd sê ons moet n onafhanklike tuisland kry dan kan die doffels hulle eie belasting geld mors.

Alida ·

Wat word van die wat boere vermoor en dan nog nie eers gevang is nie? Die moordenaars pleeg net nog elke dag moord. Het julle vergeet dat die boere gee kos vir jou op die tafel. Iemand mors die belastingbetaler se geld.

humor ·

Hierdie boere word genoeg tyd gegun om n eie monument op te rig. n Eie monument met betrekking tot hul menseverhoudinge in alle verbande en ook m.b.t. hul toegewydheid aan hul boerderye. Besef dit en koop die tyd uit en maak die heel beste daarvan.

Hans ·

Ek vind dit ook absoluut onverstaanbaar dat meeste hofsake die laaste paar jaar jare lank sloer om finaliseer te word.

HEVW ·

In hierdie saak gaan dit nie oor die beoordeling van reg of verkeerd nie maar dit word deur rassekonflik bepaal.

Christa ·

EK glo dis onbevoegdheid wat sake solank laat sloer. Hierdie Manne het sekerlik ook n lewe. Die kwaaddoeners het seker Niks gedoen nie. Hulle is sonde bokke en was beslis nie onskuldig nie. Om

Arak ·

Ek dink die regter sit met ‘n probleem. Van wat ek van die saak onthou is die aanvallers ‘n paar dae later in die hospitaal oorlede. Dit kan net sowel die nalatigheid van die hospitaal wees wat tot die mans se dood gelei het. Die polisie kon ook die mans so bietjie getimmer het. Die vraag is nou of die regter ‘n uitspraak gaan lewer wat geregtigheid najaag of ‘n weerwraak uitspraak soos soveel die afgelope paar maande teen blankes. Mens moet sekerlik blind wees om nie die dubbele standaarde te sien met die onlangse uitsprake nie. Ek wil nie in haar skoene wees nie, g’n wonder dat die vorige 2(3?) regters nie kans gesien het vir die saak nie. Mag sy doen wat reg is ten spyte van die gevolge.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.