ʼn Pasgebore babaseuntjie is Vrydagmiddag in ʼn toilet van ʼn openbare kleedkamer in KwaZulu-Natal gevind.
Garrith Jamieson, Rescue Care-woordvoerder, sê nooddienste is omstreeks 17:00 na dié kleedkamers op die Bluff ontbied toe ʼn lid van die publiek op die baba afgekom het.
Volgens Jamieson het talle persone reeds kardiopulmonêre resussitasie (KPR) op die baba begin toepas voordat nooddiensspanne by die toneel aangekom het.
“Gevorderde lewensondersteuningspanne het oorgeneem en verder KPR toegepas, maar die baba het ná 30 minute geen tekens van lewe getoon nie. Hy is op die toneel dood verklaar,” sê Jamieson.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie is besig met ʼn soektog na die ma van die baba.
In my hele lewe van 70 jaar het ek net gesien diere los die geborene daar waar hulle gekalf/gelam of geborte geskek het.
Mense sal alles in hul vermoë doen om na geboorte dit te laat lewe!!!!!!
Sekere diere los die doodgeborene maar bobbejane klou aan daardie lykie tot dit ontbind. Wat makeer mense?
So much for laws easily allowing abortion. Thus, babies’ lives are currently meaning zero to more and more so-called “mothers”.