Die Blitsbokke het Saterdag in die kaapstad-stadion al drie sy wedstryde gewen en sal Sondag na ʼn dag van verrassings in die eerste kwarteind in die bekerkompetisie teen Fidji te staan kom (12:04).
Lees meerAlles vir Saterdag 9 Desember 2017
Man verdrink in riviermond
Die 39-jarige man was glo op ʼn “kerkuitstappie” ten tyde van die voorval.
Kalifornië-brande eis lewe van vrou
Die eerste sterfgeval in die verwoestende brande wat sedert Dinsdag in die suide van Kalifornië in die VSA woed, is Saterdag bevestig.
Kaapse leerder (17) sterf in buiteland tydens skoolbesoek
ʼn Wes-Kaapse gesin is in rou gedompel nadat hul dogter, ʼn gr. 11-leerder, in die buiteland dood is tydens ʼn skoolbesoek.
Verdagte vermoor man glo tydens rusie
Die polisie het Saterdag ʼn 26-jarige man in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 23-jarige man.
Esidimeni: Families in trane ná geskorste hoof jammer sê
“Julle verlies is nie ons verlies nie – dis net julle verlies. Jy sit by die huis en mis jou ma of jou suster. Dis hoekom ek aanhou sê niemand kan dit [wat gebeur het] verduidelik nie. In kort: Ons het ʼn gemors gemaak. Ons het ʼn groot gemors gemaak.”
Drie Franse afrigters geskors ná klapvoorval
Drie afrigters in die Franse Top14-reeks is geskors en hul klubs beboet weens ʼn klapvoorval waarby hulle tydens ʼn kragmeting in dié reeks betrokke was.
Gesteelde Ford-bakkies: Polisie maak deurbraak
Nadat ʼn onbekende aantal verdagtes Saterdag in die vroeë oggendure ses nuwe voertuie by ʼn Ford-handelaar op dié dorp gesteel het, het die polisie Saterdagmiddag ʼn deurbraak gemaak.
Daar slaan die SA rugbybase (wéér) die bal aan
Een van die grootste leemtes wat op die onlangse Springboktoer ontbloot is, was die onvermoë van die agterste driehoek om hoë skoppe te vang, en as dit kon, met rente terug te stuur.
Drie sterf in gru-ongeluk; ses kritiek
ʼn Vrou en ʼn tweejarige seun se liggame was in die een voertuig vasgekeer. Hulle was reeds dood. ʼn Derde slagoffer wat in die ander motor gereis het, het ook aan sy beserings beswyk.
Stormers onthul jongste truifoefie
Dit het nou al ʼn speletjie tussen die Suid-Afrikaanse rugbyfranchise’e geword om mekaar met truifoefies te probeertroef, ʼn stuitigheid waarna truiversamelaars (te onderskei van rugbyondersteuners) met afwagting uitsien.
Kleinhoewe-aanval: 4 verdagtes wag egpaar in
Die egpaar is oorval toe hulle by hul huis stilgehou het. Die vier verdagtes het in daardie stadium reeds toegang tot die huis verkry.
Twee vas ná ‘grusame’ moord op huishulp
Die liggaam van die huishulp is in die gehuurde vakansiehuis deur nuwe huurders aangetref. Haar agtjarige dogter is ook vasgebind en ʼn plastieksak is oor haar kop getrek.
Saru gee SA se beeld as rugbyland prys
Die SA Rugbyunie (Saru) se optrede herinner al hoe meer aan dié van die onbeholpe Spaanse ridder met die brandmaer perd wat teen die windmeulens geveg, en verloor het toe ʼn meulvlerk hom van sy ryding afgeklap het.
Botsing eis een; vier kritiek
Volgens nooddienste is een van die voertuie met die impak van die botsing, wat as “verwoestend” bestempel is, uit die pad geslinger waarna dit teen ʼn boom tot stilstand gekom het.
301 verdagtes binne 2 dae vasgetrek
301 verdagtes uit een provinsie wat verbind kan word met verskeie misdade in dié provinsie is Donderdag en Vrydag in hegtenis geneem.
Ses nuwe voertuie by Ford-handelaar gesteel
ʼn Onbekende aantal verdagtes het gedwonge toegang tot die gebou verkry, die sleutels van die motors uit ʼn kantoor gesteel en toe met die voertuie gevlug.
Apple: 2017 se gewildste apps, TV-reekse, musiek en flieks
Apple het vandeesweek sy gewildste musiek, apps, televisiereekse en flieks vir 2017 aangekondig.
NVG gaan ook teen Abrahams-uitspraak appelleer
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Saterdag gesê hy gaan appelleer teen die Noord-Gautengse hooggeregshof se besluit om Shaun Abrahams se aanstelling as nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) ter syde te stel.
Man sterf toe trok van wal afry, uitbrand
Volgens nooddienste het die vragmotor weens die impak van die botsing in vlamme uitgebars.