Pasiënt probeer glo eie lewe neem by hospitaal  

Steve Biko- akademiese hospitaal (Foto: ANA)

ʼn Pasiënt by die Steve Biko-hospitaal in Pretoria het ernstige beserings opgedoen nadat hy van die sesde vloer van die hospitaal gespring en op die derde vloer te lande gekom het.

Volgens die Gautengse departement van gesondheid het die 34-jarige man vermoedelik sy eie lewe probeer neem deur Dinsdag omstreeks 13:10 van ʼn saal op die sesde vloer af te spring.

Die departement het berigte op sosiale media dat die pasiënt gesterf het ontken. Die man het wel ernstige beserings opgedoen en sou Dinsdagaand ʼn operasie ondergaan het.

ʼn Ondersoek is na die voorval van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nie Verbaas ·

Mens wonder hoekom. Het dit dalk iets met die standaard van sy behandeling te doen gegewe die huidige toestand van staatshospitale?

Di ·

Daar is ongelukkige geen standaarde in hierdie hospitale nie, totale vervalle murasies

Nie Verbaas ·

Feite het ek as persoon beslis. N familielid was daar en wat hulle in drie weke nie kon regkry nie het ons in twee dae reg gekry nadat ons hulle gedwing het om haar te ontslaan. Omstandighede was haglik so feite het ek. Feite oor die geval, jy kan reg wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.