Pasop vir slenters met Maroela Media-handelsmerk

Een van die slenters wat die ronde doen op sosiale media

Onbekende maatskappye deel skakels op Facebook en ander sosialemedianetwerke wat lyk asof dit deel is van Maroela Media of op Maroela Media se webwerf gepubliseer is.

Die skakels op die bladsye lei jou oënskynlik na ʼn bladsy met kripto-geldeenhede of ‘n vinnige-rykwordskema.

Ons wil graag ons lesers waarsku dat hierdie bladsy nie enigiets met Maroela Media te doen het nie. Ons handelsmerk word onregmatig deur die maatskappye gebruik.

Ons het reeds hierdie bladsye en Facebook-profiele, wat hierdie inligting en ons handelsmerk gebruik, aangemeld by die betrokke owerhede.

Moet asseblief nie op enige skakel klik as jy nie doodseker is dat dit beslis ʼn bladsy op Maroela Media se amptelike webwerf en sosialemediaprofiele is nie. Meld gerus ook self die advertensie by Facebook aan as jy kan sien dit is nie ‘n Maroela Media-plasing nie.

Van die plasings lei jou selfs na maroelamedia.org of maroelamedia.pro (terwyl die korrekte adres slegs maroelamedia.co.za is).

Ons sosialemediaprofiele is soos volg:
Facebook: https://www.facebook.com/MaroelaMedia/
Facebook (sonder kommentaar)-groep: https://www.facebook.com/groups/maroelamedia
Facebook (landbounuus): https://www.facebook.com/groups/landbounuus
Twitter: https://twitter.com/maroelamedia
Instagram: https://www.instagram.com/maroela_media/

Indien jy onseker is oor enige boodskap wat jy ontvang of sien, stuur gerus vir ons ʼn boodskap per e-pos na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.