Pastoor in hof oor verkragting

Argieffoto

ʼn Drie-en-veertigjarige pastoor sal Vrydag in die Lenyenye-landdroshof in Limpopo op twee aanklagte van verkragting verskyn. Dit volg nadat hy glo twee van sy gemeentelede ʼn paar jaar gelede in die Pharare-nedersetting in Tzaneen in Limpopo verkrag het.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê die slagoffers, onderskeidelik 24 en 29 jaar oud, het Maandag ʼn saak van verkragting by die Maake-polisiestasie in Limpopo teen die pastoor aanhangig gemaak. Dit volg na hulle klaarblyklik in 2015 en 2019 deur die pastoor verkrag is.

Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS) in Tzaneen het die saak oorgeneem vir verdere ondersoek.

Die pastoor is Woensdag in hegtenis geneem.

Die pastoor het glo die slagoffers mislei deur vir hulle te sê om saam met hom na die bosse te gaan waar hy vir hulle gaan bid en hulle sal seën.

Albei slagoffers het na bewering na die verkragtings swanger geraak. Een van die slagoffers het sedertdien al geboorte geskenk.

Genl.maj. Jan Petrus, waarnemende provinsiale polisiekommissaris van Limpopo, het die pastoor se viktimiserende gedrag teenoor die slagoffers veroordeel. Hy het sy misnoeë uitgespreek oor die pastoor wat geloof as lokaas gebruik het om die slagoffers in ʼn lokval in te lei.

Die polisie-ondersoek is steeds aan die gang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Michael 1 ·

Dit is erg as n polisieman n misdaad begaan maar dit is onverskoonbaar as n man wat die woord verkondig iemand verkrag maar as die ware feite gegee word sal almal verstaan.

Magda ·

Gelukkig kan hulle die kind se DNS toetse laat doen, om dit te bewys, dit is nie nou weer n saak van hy se sy se nie. Hoop hy gaan die straf kry wat hy verdien as hy skuldig is en SY naam moet ook op die Seksoortreding lys geplaas word, en Pastoor van wat?????? SHAME ON YOU om GOD se WOORD te gebruik vir jou vuilspel.

Sarel ·

Indien skuldig bevind word kan die man hom nie beroep as ” Pastoor” nie. Dan is hy vals Profeet .

JohanR ·

Let me bless you my child in so many ways….now don’t tell anyone. Lord forgive me for I have sinned…..twice very badly!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.