PE onder vullis begrawe

Gqeberha (Port Elizabeth), bekend by toeriste as die “vriendelik stad”, word tans deur hope vullis en stank verberg (Foto: Thamsanqa Mbovane, GroundUp)

Deur Thamsanqa Mbovane, GroundUp

Gqeberha (Port Elizabeth), bekend by toeriste as die “vriendelik stad”, word tans deur hope vullis en stank verberg omdat minder as die helfte van die stad se vullisverwyderingsvragmotors in werking is.

Slegs 11 van die 36 munisipale vullisvragmotors werk. Die res is vir herstelwerk gestuur en vaste afval en vullis hoop in die Nelson Mandelabaai-metro op.

Vullisverwydering vind veral in Motherwell en die noordelike gebiede soos Struandale en Kariega (Uitenhage) nie plaas nie.

Volgens Mamela Ndamase, munisipale woordvoerder, beoog die munisipaliteit om 16 vullisverwyderingsvragmotors tydelik te huur om die probleem op te los.

Themba Tini, eienaar van Tini’s Funeral Services in KwaNobuhle, Kariega, sê die inwoners is raadop oor die vullis (Foto: GroundUp)

Thsonono Buyeye, burgemeesterskomiteelid vir openbare gesondheid in Nelson Mandelabaai, sê die munisipaliteit neem kennis van die agterstand van vullisverwydering wat veroorsaak word deur die tekort aan vullisvragmotors. “Ons kan inwoners verseker dat die saak dringend aandag geniet.”

Themba Tini, eienaar van Tini’s Funeral Services in KwaNobuhle, Kariega, sê die inwoners is raadop oor die vullis en versoek dat die munisipaliteit die stad onmiddellik moet skoonmaak. Tini se onderneming lewer sedert 1985 begrafnisdienste in die stad. Hy is bekommerd dat die rommel rondom sy onderneming sal ophoop en bedrywighede negatief sal beïnvloed.

“Vullis lê al oral,” sê Tini.

Volgens Tini maak sy personeel daagliks om sy sakeonderneming se gebou skoon, maar hulle kan nie tred hou met die aanhoudende vullisstorting nie.

“Mense stort rommel omdat die munisipaliteit nie op ʼn daaglikse basis, soos vereis, vullis verwyder nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Misky ·

Ek wil graag weet wie gaan die tender kry vir daai 16 vragmotors te huur……

Martin ·

Die mense in beheer van PE se munisipaliteit weet nie hoe om die munisipaliteit reg te bestuur nie. Daar is nie geld beskikbaar om hulle vullisverwyderingvragmotors te diens nie omdat al hulle geld geblaas is om PE se naam te verander…

Swerwer ·

Waaroor die bohaai oor die vullis……………dit is hul lewenswyse/kultuur om so te lewe.

Chris dupreez ·

En so 28 jaar gelede was daar genoeg geld en het sulke ding nooit gebeur nie.

Jan Seerot ·

Maar sou dit nie beter geword het nadat die naam van PE een of ander onuitspreekbare, betekenislose woord geword het nie?
Dit werk mos so, dan nie? Verander die naam en alles word anders, beter, die geld rol in en almal sing en dans in die strate…het nog net in kammaland gebeur.
Nou hoe nou?

Blomme ·

Jan Seerot… Dis die legacy wat die ANC wil nalaat nadat hulle tot ń val gekom het.. Die land is vervalle maar ons laat darem iets agter… ń Klomp niksseggende veranderde plekName . Ook kan ons spog ons het die staatskas vol geld gekry en nou is daar Nada! Groot skande!!

Kokerboom ·

“Huur?” Bedrog klaar beplan
Kan Afriforum asb nie die betrokke minister in hof aantree vir landwye wanprestasie? Die gemors gaan net aan en aan!!

domheks ·

Nuwe RSA = Vullis hoop, en riool plaas,
anc moet nog leer dat as jy nuwe plakkerskampe begin, moet jy eers water en rioolsisteem in plek kry, daarna die klompe plakkers…

Swerwer ·

Nee, vir hul is dit ‘n standaard lewenswyse om so te leef. Hul en hul voorouers het mos alles verniet gekry, nooit gedink waar dit vandaan kom nie, glo mos geld val uit die lug uit en die blankes het onuitputbare bronne waar die infrastrukture vandaag gekom het.

Frikkels ·

Ek het al verleer om op die munisipaliteit staat te maak vir vullisverwydering. As almal net hul eie gemors op die regte plek gaan stort, en dan ñ groepaksie loods om die heffings daarvoor van die munisipale rekening te verwyder, sal dit klaar beter gaan. Mens bollie nie op jou eie voorstoep nie!

AW ·

Die Inwoners is net so Skuldig, en het n bydrae tot die vullis wat so “gesaai” is vir almal om nie te sien nie !!

Jr ·

Altyd”ons neem kennis van dit en dat. En dit geniet aandag. Lyk my julle het almal klas gevat in
” HOW TO SEND PEOPLE TO HELL NICELY – COMMUNIST DEGREE 101. Want dis al wat uit julle monde kom en mense moet dit net aanvaar. Swak. Huur voertuie maar daar is voertuie. Wie betaal weer vir incompetence. The ratepayer

Jaco ·

Net vreemd dat die ou dae se regte kommunistiese lande soos die Sowjetunie, Hongarye en Oos-Duitsland skoon en netjies was. Dáárdie lande was ook sonder beurtkrag, swak vuil staatshospitale, slaggate in paaie ens ens. Vreemd dat die ANC se leierskap juis daar in ballingskap was, maar blykbaar NIKS daar geleer het nie.

Pieter ·

Hulle het so groot geword dit pla hulle nie dit is normaal vir hulle my vark hokke lyk nie eers so nie.

AmY ·

‘Gelukkig’ gebeur meeste van die ‘verval’ onder die nuwe name.
Dis waarom ek nie eens meer ‘omgee wanneer hulle name verander nie.’
Eerder verval onder die nuwe, as die ou trotse name.

Veronica ·

Dis nie net PE wat in so toestand is nie dit gaan maar oral so, in baie dorpe!!! Land is chaoties!!!!! Niks werk soos dit moet nie!

Jaco ·

Dit verbaas my dat amper alle munisipaliteite waar “die rassistiese DA” nie in beheer is nie, daar sulke totale chaos is. As die DA dan, volgens die ANC, so verskriklik rassisties is, waarom sorg die ANC dan so sleg vir hulle eie ras daar waar hulle in beheer is?

efjy ·

Daar sal seker ‘n kommissie van ondersoek op die been gebring word wat die oorsaak van die probleem op te los. Die kommissie sal oor twee maande verslag doen.

Hennie ·

Is daar enigiets wat hulle reg kan doen??? Gereeld sonder water hier op Despatch!!!

Di ·

Kry die nuwe burgermeester om te verduidelik wat daar aangaan. Sy is mos nou onlangs aangestel, ANC kader, geen wonder als verval nou daar nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.