Peiling wys al minder wil belasting betaal

(Foto: pixabay)

Die organisasie Sakeliga sê sy jongste peiling dui op ʼn inploffing in sakelui se bereidwilligheid om weens die afsonderingstydperk en korrupsie verder belasting te betaal.

Sakeliga sê 99% van respondente in sy peiling het aangedui dat hulle nou minder bereid is om belasting te betaal. Nege uit tien het ʼn geneigdheid aangedui om hul belastingbetalings so lank moontlik uit te stel. Ses uit tien sou selfs oorweeg om hul belasting onwettig te weerhou as hulle aangemoedig sou word om dit te doen en dít die afsonderingstydperk vroeër kon beëindig.

Die peiling is waarskynlik slegte nuus vir die regering. Die minister van finansies, Tito Mboweni, het in Junie al gesê dat die Covid-19-pandemie en gevolglike afsondering ʼn tekort van 15,7% in die bruto binnelandse produk (BBP) vir Suid-Afrika veroorsaak het, wat uitloop op ʼn begrotingstekort van R761 miljard. Dit is meer as dubbel die aanvanklike tekort van R370 miljard wat die regering voor die uitbreek van Covid-19 in Suid-Afrika voorsien het.

Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, sê ʼn sogenaamde nuwe normaal ten opsigte van belastingbereidwilligheid vat pos.

piet-le-roux

Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga. (Foto: Morné Prinsloo)

“Die nuwe normaal vir belastingbereidwilligheid gaan baie laer as voorheen wees. Ons beveel aan dat die regering en analiste in hul beramings van toekomstige fiskale tekorte vir hierdie tendens voorsiening maak. Sakelui is besig om buitengewoon gemotiveerd te raak om hul belastingbetalings te verminder.”

Le Roux sê dat, luidens deelnemers se kommentaar en gegewe die stand van die land, dit lyk of die  afsonderingstydperk, korrupsie, wanbestuur en skadelike regeringsbeleid oor die algemeen die perfekte storm geskep het.

“ʼn Senior persoon by een van Suid-Afrika se ikoniese maatskappye vertel my onlangs dat hy die betaling van belasting in Suid-Afrika as ʼn moontlike oortreding van die Amerikaanse Wet op Buitelandse Korrupte Praktyke beskou, aangesien die geld hoofsaaklik misdaad, wanbestuur en korrupsie finansier. Hoewel sy interpretasie waarskynlik regstegnies verkeerd is, is dit moreel treffend,” sê Le Roux.

“Dit is ʼn morele dilemma wat toenemend swaar op sakelui in Suid-Afrika weeg: Hulle beskou dit as hul morele plig om sake van gemeenskaplike belang te dien en te finansier, maar tog beskou hulle al meer belasting as skadelik vir die samelewing, gegewe hoe dit wanbestuur, korrupsie en skadelike beleid finansier.”

Soveel as 84% van deelnemers aan die peiling meen dat die regering die Covid-19-uitbreking sleg hanteer, 14% kon nie besluit nie en 2% het aangedui die hantering daarvan was goed.

Altesaam 61% van ondernemings het gesê hulle het groot geldelike verliese gely, 29% het beduidende verliese gely en 10% van respondente het aangedui dat hul inkomste onveranderd gebly  het.

Die meeste deelnemers aan die peiling het ook die billikheid van die regering se Covid-19-verligtingsmaatreëls as swak bestempel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Andre ·

Die regering sal nog met skok agterkom hoe min belasting ingevorder gaan word.Hulle treintjie gaan in die toekoms nie meer so lekker ry nie..

Johanncb ·

As die munisipaliteit nie in beheer van krag- en watertoevoer was nie, het ek ook ophou belasting betaal! Om by jou inkomste verby te kom, is natuurlik ‘n ander storie!

Koos ·

Ek bly in Madibeng distrik (Scoemansville) daar is geen diens vd stadsraad af nie.Hulle is al weer onder administrasie.Ons beplan om die erf belasting te weerhou en self iets aan die riool veral te doen.Vullis verwydering doen ek in elk geval self en betaal nogal R58-50 by die munisiepale stort terein.

Woeter ·

Suid-Afrika het seker een van die meest herverdelende belasting system ter wereld. Dit beteken die belasting betaler wat die meeste betaal die minste terug kry en die wat minste betaal die meeste terug kry. Blykbaar betaal 129 000 mense in Suid-Afrika basies 30% van Suid-Afrika se persoonlike belasting en die groot meerderheid van die mense wat belasting betaal is nie deel van die ANC se “voterbase” nie. Nie net dit nie maar die ANC kan glad nie nog belastinge ophef nie, veral nie met ‘n 40% werkloosheid syfer nie. So enigste ding is om Staats beheerde maatskappye soos ESKOM en SAA met private pensionfondse te probeer herstel om n inkomste stroom te skep. Maar dit klink soos n ramp!

Alleen Wolf ·

Eskom sal ‘n plan moet maak, SAL is onredbaar, sal net die donker put waarin geld gestort word bly en en onder in die put sit die korrupte AMNC kaders en skep.

Frans ·

Stem ons kanie betal en as skurke behandel word nie so my geld is myne ek betal belasting en sekere persone geniet dit te leker

Kokerboom ·

Hierdie is ‘n tydbom besig om af te tik. Die nalatenskap van die growwe ANC wanbestuur gaan ‘ eindresultaat veroorsaak te erg om te aanskou. Ons KAN NIE passief so voortgaan!

Eerlik ·

As dit net so maklik was om die gewone salaris trekker se belasting te weerhou sou baie mense nie twee keer gedink het nie. Dis skokkend hoeveel belasting verhaal word om diegene wat nie hulle deel in die land bring nie te onderhou!

Pieter ·

Dit is lankal tyd vir belasting boikot die komuniste maak net soos hulle wil ons moet betaal. Ons kry geen waarde vir ons belsting geld nie hoekom moet ons dan belasting betaal. Ons betaal en hulle plunder ons blankes is nie goed genoeg om van die kovit fondse te kry nie maar ons belsting geld is goed genoeg. Die vf plus moet die belasting boikot dryf daar is baie van ons wat dit sal onder steun. Die ANC mors met ons en ons laat dit toe. Ons is maar net n klomp melk koeie vir hulle dit is al. As daar nie belasting geld is nie dan kan hulle nie plunder nie en ook nie sulke vet selarisse kry nie.

Alleen Wolf ·

Stem, die VF moet belasting boikot hard dryf, dan sal ons sien wie stem vir hulle in die volgende verkiesing as hulle nie meer salarisse kan betaal nie en nie stemme kan koop met geskenkies nie.
Daar sal natuurlik altyd ‘n klomp draadsitters in die korporatiewe wereld wees nie sal deelneem nie, maar daar is genoeg klein besighede in privaat besit wat dit kan uitvoer en ‘n verskil maak.

gatgogga ·

Wag totdat ons sien hoe ons belastings vermeerder gaan word.

Vrijburger ·

Dit is nie “wil minder belasting betaal nie” – gaan minder belasting betaal. Het reeds belasting immigrasie proses begin.

Wielspore ·

Dit is nie net dat ons te veel belasting betaal, die diens wat ons in die verlede wat ons ontvang het in ruil vir betaling van belasting, bestaan net nie meer, waar gaan daardie geld heen. As ek van enige dienste by Nelspruit se lisensie kantore wil gebruik maak is ek nie gewaarborg nadat ek 48km gery het dat ek wel diens gaan ontvang, of die papier is klaar, die stelsel is van lyn af, of die mense het middag af. Gevolglik betaal ek geld aan ‘n derde party wat my help om voertuig lisensies uit te neem ten spyte van die R40 admin fee wat ek alreeds betaal het, So my Citi Golf se lisensie gelde van R380 kos my nou R502. Lekker ne,

Andre ·

Om sigarette te koop is amper soos om belasting te betaal. Jy help misdaad aan.

Niklaas ·

Niemand kan dit eintlik waag om belasting betalings te ontwyk nie. Daar sal beslis gevolge wees.

Adam Adriaan ·

NGZ moet haar deel bydra wat sy nou geskep het tydens die verbod op tabak en alkhol

Arnold ·

Volgens wat ek weet moet hulle vir ons werk nie ons vir hulle

Riaan ·

Dit is hoog tyd dat dit moet gebeur. Dit is die enigste manier hoe daar van die ANC ontslae geraak sal word.

Boerinmurgenbeen ·

Laat die BEE maatskappye maar aanhou om belasting te betaal, ek stel voor elke persoon waarteen gediskrimineer word moet nie belasting betaal nie.
Betaal dit eerder in ‘n vonds om jou eie mense mee te help wat geen hulp van die staat kry nie.

Schalk ·

Ek wil ‘n voorstel maak. Al die rokers wat nou gewoond geraak het om by hulle ‘dealers’ te koop. As die verbod op sigarette opgehef word, hou aan om by jou ‘dealer’ te koop, hulle prys gaan afkom. Daardeur kry die regering nie hulle belasting op die wettige sigarette nie. Hulle het mos nou bewys dat hulle nie die belasting geld op sigarette nodig het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.