
Argieffoto
ʼn Petisie is opgestel nadat die selfoonreuse Vodacom en MTN die Suid-Afrikaanse regering versoek het om gratis bel- en boodskapverskaffers soos WhatsApp en Skype te “reguleer”.
Dit het aan die lig gekom dat selfoonnetwerke miljoene rand in inkomste verloor het, aangesien hul klante eerder van die gratis dienste soos WhatsApp, SnapChat en Telegram gebruik maak, as om SMS’e te stuur.
Chris Maroleng, uitvoerende hoof van MTN, het die huidige situasie as “onregverdig” beskryf. “Mededingers wat nie werk skep in die land nie, nie belasting in Suid-Afrika betaal nie, en nie in die infrastruktuur belê nie, moet aanspreeklik gehou word,” het hy gesê.
Die parlementêre portefeuljekomitee oor telekommunikasie en posdienste het aan Fin24 bevestig dat hy verhore geskeduleer het vir 26 Januarie oor die moontlike regulasie van “Over the top” (OTT)-dienste.
Talle Suid-Afrikaners gebruik gratis kommunikasiedienste, wat slegs data of ʼn Wi-Fi-verbinding vereis, om in aanraking te bly met vriende en familie oorsee.
Die vrouetydskrif-webwerf, All4Women.co.za, het intussen ʼn petisie opgestel waar gebruikers hul mening kan lug indien dié gratis dienste opgehef sou word. “Die petisie sal aan Mmamoloko Tryphosa Kubayi, voorsitter van die portefeuljekomitee, en Faith Muthambi, minister van kommunikasie, en die presidensie gestuur word,” lui ʼn verklaring op die webwerf. Meer as 8 220 persone het reeds die petisie onderteken.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
44 Kommentare
Asof die selfoon maatskapye nog genoeg geld maak of al gemaak het nie!Hoekom betaal ons in S.A meer vir selfoon dienste as die res van die wereld?Ons word absoluut uitgebuit,maar dis nog nie genoeg nie…..
Vraatsugtig. . . Dis wat hulle is!
Whattsup must stay. Cellphone providers enrich themselves enough already in SA, compared to the rest of the world!
Hulle noem nie dat hulle die data verskaf om aan die dienste te verbind. Dit is onredelik duur. Hulle buit al reeds die verbruiker uit met hoe tariewe.
MTN EN vodacom alreeds baie duur tariewe hulle maak genoeg geld met kontrakte, hoeveel geld moet suid Afrikaners nog afstaan dink ons betaal genoeg aan ander goed en die regering. Ek sal nooit weer Vodacom gaan nie Cell c is baie goedkoper