ʼn Groep mense met ANC-klere het Saterdag ʼn reusagtige ‘Zuma must fall’-plakkaat van ʼn gebou in Kaapstad se middestad afgeskeur.
Lees meerAlles vir Saterdag 16 Januarie 2016
Pta-skolier word vermis
Louis Smit (16), ʼn skolier van Hoërskool Hercules in Pretoria, word sedert 9 Januarie vermis.
‘SA’ners kan nie glo man sonder skoolopleiding is president nie’
Pres. Jacob Zuma het Vrydag gesê Suid-Afrikaners kan nie glo dat ʼn man wat nooit skool toe gegaan het, president is nie, en daarom moet hy 24/7 aangeval word deur persone wat nie ʼn waardering het vir dit wat gebeur nie.
Vierde aanvaller dood tydens klopjag by Burkina Faso-hotel; 23 dood
ʼn Vierde aanvaller is Saterdag dood ná militante Vrydagaand ʼn luukse hotel in Burkina Faso se hoofstad beset het. Volgens owerhede is minstens 23 persone dood.
Regering waarsku kosmandjie kan met 25% styg
Die regering en aandeelhouers in die landboubedryf het Vrydag gesê die basiese kosmandjie se prys kan tot en met 25% styg indien Suid-Afrika tussen 5 en 6 miljoen ton mielies moet invoer.
[Video] Met vriende soos dié…
ʼn Video van ʼn man wie se vriende ʼn poets op hom bak toe hy op die strand aan die slaap geraak het, sal verseker jou dag opkikker.
Petisie om WhatsApp te red
ʼn Petisie is opgestel nadat die selfoonreuse Vodacom en MTN die Suid-Afrikaanse regering versoek het om gratis bel- en boodskapverskaffers soos WhatsApp en Skype te “reguleer”.
Ongelykhede maak Super18 ʼn klug
Gaan rugby, in sy noodwendige verskuiwing na die vermaaklikheidsbedryf, dieselfde paadjie loop as rofstoei wat gedegenereer het tot ʼn gewilde klug genaamd WWF?
Operasie ʼn sukses ná baksteen hom tref
Die operasie waartydens ʼn spesiale titaan-metaalplaat in Caden Slabbert (9) se kop geplaas is, nadat hy met ʼn baksteen getref is, was suksesvol.
[Video] Droogte: Dringende ingryping nodig, sê DA
Die DA sê die droogte is ‘n ekonomiese en humanitêre krisis – nie net vir kommersiële boere nie, maar vir álle Suid-Afrikaners. Die amptelike opposisie sê die regering versuim om behoorlik op die krisis te reageer.
SA gaan dalk 6 miljoen ton mielies moet invoer
Graan SA het Vrydag gesê Suid-Afrika sal moontlik weens die droogte tussen vyf en ses miljoen ton mielies moet invoer, maar gewaarsku dat die land moontlik nie sulke hoeveelhede sal kan hanteer nie.
Boek: Oorlogswinter
Dirk word gearresteer en die persoon aan wie hy die brief moet besorg, word deur die Duitsers doodgeskiet. Gaan Michiel die brief oopmaak en die verantwoordelikheid van die opdrag daarin aanvaar?
Pensioenwet: ‘Wysigings meestal positief’
Francois Smit, uitvoerende hoof van Solidariteit Finansiële Dienste, het gesê die wysigings aan die Pensioenwet is meestal positief.
Twee beseer toe kar in Durban-huis vasry
Twee persone is Saterdagoggend beseer toe hulle met hul motor in ʼn huis in Durban-Noord vasgery het.
[Foto’s] Burkina Faso: Gyselaars bevry uit Ouagadougou-hotel
Owerhede van Burkina Faso en Frankryk het Saterdag kragte saamgespan om ʼn luukse hotel oor te neem nadat al-Kaïda-militante dit Vrydagaand beset en ʼn onbekende aantal gyselaars doodgemaak het.
Man kritiek beseer toe weerlig hom tref
ʼn Man is in ʼn kritieke toestand nadat hy Vrydagmiddag deur ʼn weerligstraal getref is in Meyerton, Gauteng.
17 beseer toe taxi tolplaza tref
Minstens 17 persone is beseer tot ʼn taxibestuurder Vrydagaand in die betonversperrings by die Mvoti-tolplaza op die N2 naby KwaDukuza, KwaZulu-Natal, vasgegry het.
Gedagte vir die dag: Kies reg!
Die Here het vir Jeremia gesê: Jy moet vir hierdie volk sê: So sê die Here: Ek gee julle die keuse: wil julle lewe of wil julle sterwe? (Jeremia 21:8)