Peuter dood, ma kritiek ná kameelperd hul vertrap

Argieffoto.

ʼn 16 maande oue dogtertjie is dood en haar ma is kritiek beseer nadat ʼn kameelperd hulle Woensdag in ʼn reservaat in KwaZulu-Natal vertrap het.

Die voorval het omstreeks 16:00 Woensdag in die Kuleni-wildreservaat, sowat 16 km van Hluhluwe in die rigting van Sodwanabaai, plaasgevind.

Inligting rakende die voorval is steeds skraps, maar volgens Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, is die dogtertjie ná die voorval na die naaste dokter geneem waar sy dood is, terwyl haar 25-jarige ma in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal gehaas is vir mediese sorg.

Die voorval word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

ES ·

Dis vreemd, kameelperde tree nie sommer so op nie. Baie tragies.

Jacob ·

Enige persoon wat al betrokke was by die vang van kameelperde sal bevestig dat hulle dodelik kan wees en selfs mense sal aanval. Ek self moes al etlike kere vinnig skuiling soek agter ‘n voertuig of wildswa. Hulle is nie die sagmoedige reuse waarvoor hulle aangesien word nie.

PieterJ ·

Ou kameelperdbulle kan baie onvoorspelbaar wees, en gevaarlkik, amper nes ou olifantbulle en buffelbulle.

Dirk ·

Dit is baie hartseer.Maar mag n mens uitklim in n reservaat.In KNP en ander reservate word mens duidelik gwaarsku om in jou voertuig te bly.Tensy dit n plek soos Marloth Park is waar die diere vrylik rondloop en gevoer word deur die mense..
Sterkte vir die familie..

Roek ·

Baie erg , wilde diere bly maar onvoorspelbaar, Jammer vir die verlies !

Nella ·

Ek het dan op ‘n stadium gesien waar ‘n kameelperd ‘n leeu skop. En leeu het die aftog geblaas.

Phillip ·

Ja hulle veg n leeu maklik terug maar van mense vlug hul eerder. … tensy n dit n wyfien7s en haar baba was naby en die mense wou naders taan om te kyk

Janice du Plessis ·

Dagsê TANYA
Baie dankie vir jou kommentaar.
‘n Verslaggewer van Maroela Media sal baie graag met jou wil gesels in verband met die tragedie.
Sal jy dalk jou kontakbesonderhede aan ons voorsien?
Dankie.
Groetnis,
Janice
nms Maroela Media

Phillip ·

Kameelperde is van nature nie aanval en trap diere nie. Hulle kies eerder om weg te hardloop. Hullenis nie geweldadig nie hartseer maar baie vreemd

Niklaas ·

Dis moontlik dat die ma en kind te naby aan die dier se agterlyf gaan staan het en toe geskop is. Menige toeriste dink net wilde diere soos roofdiere , renosters en en olifante is effe gevaarlik. Die res kan sommer gestreel word.

Mieke ·

Baie jammer om te verneem van die ma en kind. Veral vir die verlies van die dogtertjie. Sterkte vir die familie en die ma.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.