Pfizer-entstof ‘100% doeltreffend’ vir dié tieners

‘n Gesondheidswerker in Israel dien ‘n dosis Covid-19-entstof aan ‘n seuntjie toe. (Foto: Menahem Kahana/AFP)

Pfizer en BioNTech sê hul Covid-19-enstof vir kinders tussen 12 en 15 jaar oud is 100% doeltreffend vier maande ná die toediening van die tweede dosis.

Die maatskappye sê die nuwe data, wat 2 228 deelnemers by ʼn proefneming betrek het, gaan verdere steun verskaf vir volledige goedkeuring van die middel in die VSA en die res van die wêreld.

Tot ses maande nadat die tweede dosis toegedien is, is geen ernstige veiligheidsprobleme waargeneem in enige van die deelnemers aan die proefneming nie.

“Terwyl die internasionale gesondheidsgemeenskap werk om die getal mense wêreldwyd wat ingeënt is te verhoog, skep die bykomende data verdere vertroue in ons entstof se veiligheid en die doeltreffendheid daarvan in adolessente,” sê Albert Bourla, hoof van Pfizer.

“Dit is veral belangrik terwyl ons sien hoe die Covid-19-koers in sommige gebiede in dié ouderdomsgroep toeneem, terwyl minder mense hul laat inent. Ons sien daarna uit om die data met die FDA [die Amerikaanse voedsel- en medisyneowerheid] en ander reguleerders te deel.”

Toestemming vir noodgebruik onder tieners is in Mei vanjaar in die VSA toegestaan en die maatskappye hoop om binnekort algehele goedkeuring te kry. In hierdie stadium is die middel net ten volle goedgekeur vir gebruik in diegene 16 jaar en ouer.

Uit die 2 228 tieners wat aan die proefneming deelgeneem het, was daar 30 bevestigde simptomatiese gevalle sonder enige bewyse van vorige infeksie. Al die positiewe gevalle was in die plasebo-groep. Dit strook met entstofdoeltreffendheid van 100%. Die doeltreffendheid was boonop deurlopend hoog onder verskillende geslagte, rasse, vlakke van oorgewig en onderliggende siektetoestande.

Die grootste veiligheidskommer onder die ouderdomsgroep is miokarditis (inflammasie van die hart) onder mans wat met die entstof verband hou. Sulke gevalle is egter uiters skaars en die voordele van die entstof weeg veel swaarder as die gevare daaraan verbonde, het die navorsing bevind. Covid-19 op sigself kan miokarditis veroorsaak en dan ook meer gereeld en in ʼn ernstiger vorm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Pietertjie ·

Ek wonder wat bedoel hulle presies met “doeltreffend”. Beteken dit dat die ingeëntes nie meer die Covid virus infeksie kan opdoen, siek word daarvan of dit versprei nie? Indien die antwoord op enige van dié drie negatief is, is dit nie ‘n doeltreffende entstof nie. Dit is dan bloot ‘n tipe inhibeerder met nagevolge. Indien aldrie antwoorde negatief is, is dit nie eens ‘n inhibeerder nie.

Carina ·

Ja, en oor 10 of 20 jaar, AS die kinders dan nog leef, vind hulle uit hulle is steriel en kan nie kinders hê nie, hul bloed is onbruikbaar, hulle ontwikkel hart probleme, ens, ens. NIEMAND gaan vir my vertel die sogenaamde entstof is veilig nie. DIT IS NIE!! Laat dit wel in ‘n mate kan help teen Covid stry ek nie, dit is tog geskoei op ‘n virus. Maar die nadele a.g.v. al die ander gemors wat in die entstof is, is die groot gevaar. My eie imuunstelsel werk 100% dankie. Ek het by die dood omgedraai van Covid, en het baie nagevolge agter gehou, maar daai gemors sal ek NOOIT in my laat inspuit nie, ook nie my kind nie, dankie, maar NEE dankie.

VaalDonkie ·

Intussen kap gesonde tienerseuns om op die sokkerveld nadat hulle die inspuiting gekry het. No thanks. Wag maar vir Novavax se tradisionele entstof.

Alet ·

My werksplek met hoe blootstelling, het net onder 10% gevalle gehad van begin tot nou uit amper 2000 mense en geen sterftes. Ons jong, fikse gesonde skoonmakertjie het die week skielik gesterf na haar voete opgeswel en donker geraak het. Dr se dis hart en sertifikaat se natuurlike oorsake. My hart huil

VaalDonkie ·

As jy nou rerig jou brein in ‘n knoop wil sit, gaan lees bietjie oor “PZP Immunocontraceptives” en let op die skedule waarop dit aan diere toegedien word. Ek spoil niks nie. Ek wil he jy moet dit self sien.

Jacobus ·

Staan in gevaar om verder belaster te word – maar Google gerus Pfizer, Reuters en WEF en kyk na uitvoerende beamptes. ???

Krokkenoster ·

Hoe belaglik!
Geen inenring is 100% doeltrefdend nie!

annie ·

Fauci erken wel volgens die VSA-pers dat mense wat baie allergiese neig of sekere mediese kwale het nie ingeënt moet word nie. Covid is sedert 2020 met ons maar entstofvervaaaardigers het laaaaang toetse op baaaaie mense wat baaaaie goeie uitslae toon en maak baaaaie $$$$$$ uit mense se pyn en lyding. Wag vir die eise van die ouens met laaaaaang covid. Biden lief entstof en het mos baie ¥¥¥¥¥¥¥ om uit te help.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.