Piketberg-boer dood op plaas gevind

(Argieffoto ter illustrasie: Kent Williamson)

ʼn Boer van Piket-Bo-Berg naby Piketberg in die Wes-Kaap is Woensdagoggend dood op sy plaas gevind.

Volgens die polisie was die 53-jarige man se liggaam gedeeltelik in ʼn drom versteek. Die voorval het vermoedelik tussen 03:00 en 07:00 plaasgevind.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, het by navraag gesê die man was met die polisie se aankoms op die toneel reeds deur paramedici dood verklaar.

“Hy het ʼn hou aan die regterkant van sy kop opgedoen. ʼn Onbekende bedrag geld is ook uit die oorledene se lessenaar gevat.”

Van Wyk sê die polisie ondersoek nou sake van moord en roof ná ʼn plaasaanval.

“Die omstandighede wat tot die voorval gelei het, vorm deel van die ondersoek. Die onbekende verdagte (of verdagtes) het van die toneel gevlug en is nog nie in hegtenis geneem nie. Ons het rede om te glo dat die motief vir die aanval roof kon wees.”

Billy Claasen, hoof van die landelike en plaaswerkersorganisasie, het Woensdag aan Maroela Media gesê dat hy steeds uiters “geskok” is.

Claasen het die nuus Woensdagoggend in ʼn kort verklaring gedeel en die voorval as “barbaars” bestempel.

“Ons betuig ons innige meegevoel met sy familie, vriende, plaaswerkers en die landelike sektor van die Wes-Kaap. Dit is ʼn barbaarse voorval in ons samelewing en ons kan daaroor stilbly nie.

“Ons veroordeel die voorval ten sterkste en vra die polisie om alles in hul vermoë te doen om die skuldiges agter tralies te sit.”

Verdere besonderhede oor die voorval is nie in dié stadium bekend nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Seef ·

Wanneer gaan ons ophou om net te veroordeel en daadwerklik iets begin doen?

andre ·

Nou toe, vat voor en wys ons hoe en wat ons moet doen, dis maklik om op n sleutelbord kommentaar te lewer.

Cherokee ·

Netjiese voorstel Seef. Ons hou hierdie spasie dop vir jou voorstelle oor om wat te doen. So, hou op om te veroordeel, en plaas nou dìt wat jy as voldoende beskou.

Waarnemer ·

Daar is nie genoeg polisiemannd om hierdie plaas moord te ondersoek nie,almal is besig mrt die verjragtingsaak met die zama zamas.

Kobus ·

Moet boere nie begin om in kwaai honde te belê nie? Dink nogal ‘n Boerboel of Rodweiler sal die ding doen. Mens het nie oe agter in jou kop nie.

Harley Davidson ·

Honde word vergiftig,belê in ‘n mosberg jm pro en dra hom by jou soos jy jou selfoon dra waneer jy op jou plaas is

Benn ·

Kom ons kyk hoe lank dit gaan neem om ‘n positiewe uitslag te kry. Ander sake kry mos voorkeur en arrestasies word sommer in ‘n paar dae gemaak.

JohanR ·

Dis ‘n wit boer, Cele gee nie ‘n damn nie. Nog ‘n vry plaas vir ons wonderlike ANC @VoertsakANC in 2024!

annie ·

Boere moet ophou om na stories luister en nice wees. Vergeet van agterdeur-verkope. Die paar rand wins sal vir jou begrafnis help betaal. Soos sake nou staan is almal orals mekaar se vyand. Wees bedag. Misdaad broei nie net in stede en dorpe nie. Alles wat in die donker wandel is gevaarlik. Die Kaap is ook nie meer wat dit was nie.

Frederik C ·

$ of R. Hoe weet die polisie dat daar geld in sy lessenaar was ??

Keelvol ·

En waar’s die Cameron knapie nou? Geweet hy maak net geraas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.