Planne vorder om land van gryslys te verwyder

Pres. Cyril Ramaphosa antwoord vrae in die nasionale raad van provinsies (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa is vol verwagting dat die land teen volgende jaar van die Internasionale Finansiële Aksietaakmag (FATF) se gryslys verwyder sal word.

Hy het in reaksie op ʼn vraag van die DA in die nasionale raad van provinsies gesê die aksieplan van sy kabinet hou grootliks verband met die doeltreffendheid van owerhede om die rits elemente te implementeer teen geldwassery en om die finansiering van terrorisme hok te slaan.

“Sedert die resultate van die wedersydse evaluering wat in 2021 gepubliseer is, het ons groot vordering gemaak om aandag te gee aan die geïdentifiseerde tekortkominge. Van die 67 aanbevole aksies wat uit die wedersydse evaluering spruit, het ons aan almal behalwe agt strategiese tekortkominge suksesvol aandag gegee.”

Dit sluit in beduidende swakhede in die land se wetlike raamwerk, deur die inwerkingstelling van wysigings aan wette oor teen-geldwassery en die bekamping van terrorismefinansiering.

Pres. Cyril Ramaphosa antwoord vrae in die nasionale raad van provinsies (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

“Die kabinet het ʼn interdepartementele komitee aangestel om met die werk voort te gaan om seker te maak dat die land alle tekorte takel.”

Die komitee ondersteun die betrokke owerhede om, onder andere, ʼn toename te demonstreer in die ondersoek en vervolging van ernstige en ingewikkelde geldwassery en terrorismefinansiering, ʼn toename in versoeke vir gesamentlike regsbystand aan ander lande, ʼn toename in die gebruik van finansiële intelligensie deur wetstoepassers en die doeltreffende implementering van geteikende finansiële sanksies.

“Tyd is nodig om verbeterings te wys op die tekortkominge,” het die president gesê. “Die land het na raming minstens ses maande nodig om te wys of die onlangse wysigings, wat in Desember 2022 deur die parlement goedgekeur is, doeltreffend is.”

  • Die insluiting van Suid-Afrika op die gryslys beteken Suid-Afrika word nou as ʼn hoërisikoland beskou om sake mee te doen en die FATF sal bykomende stappe vereis vir enige beleggers wat sake in die land wil doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Boatsie ·

Dis reg, ons gaan af vd gryslys af, maar dan gaan ons swartlys toe.

Theuns ·

Delusies! Hoe oud is die man? Iets ernstig fout daar in die uniegebou.

Nie Verbaas ·

Hoe lekker lag ek nou. Nog n kommitee van rigting en hopeloses.

Grassie ·

Ek dink daar is meer as net finansiële redes waarom ons land op die gryslys geplaas word. Dalk is dit ‘n dwarsklap van die kant van die FATF af omdat ons regering Rusland steun en nie aan die sanksies meedoen nie. Ek verwys na die sin in die tweede laaste paragraaf: “die doeltreffende implementering van geteikende finansiële sanksies”.

domheks ·

Nog ‘n komitee ! Dit is werkskepping met al die komitees – daar kom in elk geval DADELS van! Sit net stoele warm en kry geld daarvoor.

Eugene ·

Ons gaan wel van die gryslys af………net na die verkiesings!

Di ·

DIT gaan nie in hierdie leeftyd gebeur nie. Die trant wat hierdie land ten gronde gaan is skrikwekkend en dit raak by die dag ERGER

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.