Plattelandse skole kry hupstoot met satelliettegnologie

Argieffoto

Argieffoto

Twaalf landelike skole in Mpumalanga met ’n gesamentlike leerlinggetal van 6 500 vind baat by ’n projek van die Europese Ruimte-agentskap om deur kommunikasiesatelliettegnologie internettoegang te verkry. As deel van die projek word die skole met ’n landelike skool in Tricarico-Calciano in die Basilicata-streek in Italië verbind.

Die projek behels dat letterlik alles by die Suid-Afrikaanse skole aangebring word, wat batterye en satellietskottels sowel as rekenaars en sonpanele insluit. Die nuwe stelsel sal ook aan die skole toegang tot e-leer bied.

Volledige inligting op ESA.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Ruimte, SA-nuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

Bruno Stef ·

Hel man maak net seker dat die al die toebehore in behoorlike kantore of klaskamers met alarm stelsels geberg word anders volg dit die selfde pad as van die I-pads wat verdwyn het na uitreiking daarvan.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.