Poetin bied gratis graan aan ses Afrika-lande

President Wladimir Poetin tydens die Rusland-Afrika-beraad. (Foto: Alexander KAZAKOV / POOL / AFP)

Die Russiese president, Wladimir Poetin, het Donderdag tydens die Rusland-Afrika-beraad gratis graan aan ses Afrika-lande aangebied.

Dít volg kort nadat Rusland geweier het om die ooreenkoms wat Oekraïne toelaat om graan verby Rusland se oorlogskepe in die Swartsee na die res van die wêreld, insluitend Afrika, uit te voer te hernu.

Poetin het Donderdag op die beraad in Sint Petersburg gesê Rusland kan “Oekraïense graan vervang” en onderneem om graan na ses Afrika-lande te stuur. Suid-Afrika is nié een van hierdie lande nie.

“In die komende maande sal ons gratis voorrade van 25 000 tot 50 000 ton graan aan Burkina Faso, Zimbabwe, Mali, Somalië, die Sentraal-Afrikaanse Republiek en Eritrea kan verseker,” het die Russiese president gesê.

Pres. Cyril Ramaphosa en pres. Wladimir Poetin tydens die Rusland-Afrika-beraad. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Maroela Media het vroeër berig Rusland se inval in Oekraïne verlede jaar het Oekraïne se uitvoere gestuit totdat ʼn ooreenkoms, wat in Julie verlede jaar danksy die VN en Turkye bemiddel is, die deurgang van kritieke besendings graan toegelaat het.

Rusland het egter vroeër vandeesmaand besluit om nie die ooreenkoms te hernu nie, aangesien die struikelblokke in die pad van sy eie uitvoere, wat die ooreenkoms uit die weg moes help ruim, nooit nagekom is nie.

Die Verenigde Nasies (VN) het intussen gewaarsku dat miljoene van die wêreld se armstes “die prys sal betaal” vir dié besluit.

Pres. Cyril Ramaphosa woon tans die beraad in Poetin se tuisstad, Sint Petersburg, by.

Die Kremlin het Westerse lande vandeesweek daarvan beskuldig dat hulle probeer verhoed dat Afrika-state aan die beraad, die tweede in sy soort, deelneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Jaco ·

Wanneer gaan Rusland nou regtig vir SA begin beloon vir ons regering se stilswyende steun? Wat van goedkoper Russiese petrol en Russiese tegnologie om Eskom reg te kry?

Marthinus W ·

Ek dink die DA sal enige ooreenkoms probeer kelder. By die beraad is genoem dat Rusland wyn vanaf SA gaan begin invoer. (Hulle drink nou baie min wodka, en verkies wyn, bier, tee en koffie.) Omdat Rusland se superrykes nie meer hul geld die land mag uitneem weens sanksies nie, word dit teruggeploeg in die Russiese ekonomie, wat betekn dat daar baie geld le en wag vir entrepreneurs. Hulle begin in 2026 om uraan in Namibie te ontgin, en “geelkoek” in Tanzanie.

Manney ·

Sowat twee maande gelede was n Russiese Kern Krag Professor in SA om hulp te verleen. Nuus het nie hiervan geskryf nie.

Pieter ·

een oomblik maak die man besluite oor mense se lewens. Letterlik lewe of dood!!! en die volgende oomblik, voer hy ander… Hoe stabiel… Hoe voorbeeldig…. Nee broer…

AndrewL ·

Dit is korrupte omkopery van ‘n oorlogsmisdadiger.

Die vent se arrogansie ken geen perke nie

Andrew ·

As ek teenstaanders het wat nie eers op hulle eie voete meer kan staan nie dan sal ek ook die selfde arrogansie as Rusland en China hê.

Johan ·

Jy moet minder luister na wat die MSM vir jou voer. Jy redeneer soos n ware Amerikaner.

Plaaskind ·

Ja nee, dis mos maklik om ons land se bestuur om te koop, en sodoende ons land te “verkoop”. Ons kort dringend ‘n nuwe regering.

Gaitsigubib ·

Ek was onder die indruk dat die transaksie waarvan jy praat was reeds in 1991. Is jou stelling nie ou nuus nie?

Republikein in die Wes Kaap ·

Die land is inderdaad in 1992 verkoop. Dis nou te laat om te kla. Sake gaan nog erger word.

Charles ·

Amerika het al in die vroë 80s die land in sy kloue gekry. Die 1992/1994 debakel was waar die Afrikaner mafia die ANC laat lyk het of hulle gewen het. Die land is n korporasie.

Gaitsigubib ·

Eish plaaskind moet my asb nie afmerk sonder om te verduidelik nie. Ek het regtig gedink dat die land aan kommuniste oorhandig was in die 90’s. Is dit iets wat nou eers gebeur of het dit toe reeds gebeur, soos wat ek hier beweer?

Duck ·

Die een hand was die ander, ons weet net nie watter hand waar nie, maar ja, niks in die lewe is verniet nie, net suurstof.

Danie ·

Ook nie eers suurstof nie: Jy moet werk om dit in te kry; jy moet lug in asem en weer uit asem en dit aanhoudend doen.

Petrie ·

Net daar het Puttin hulle stemme en “lojaliteit” gekoop. Afrika lande hou daarvan om omgekoop te word en dinge gratis te kry. Hulle besef nie watter prys hulle eintlik betaal nie.

Jacobus ·

Wat Putin waar gratis gaan kry? Iewers gaan van sy eie boere verneuk word.

Andrew ·

Rusland is die wereld se derde grootste produsent. Met die weste wat nie graan by hom koop nie dink ek hy het redelik n oorvloed.

Barney ·

Dink hy nou hy is ‘n held? Hy het duisende se lewens verwoes sonder enige rede behalwe sy ego. Hy gaan boet

Gaitsigubib ·

Wie gaan hom laat boet volgens jou Barney, PW Botha? Ek dink dis n beter antwoord as Joe Biden of enige ander van die westerse gespuis as ek nou moet eerlik wees.

Marthinus W ·

Poetin het verlede jaar al 500 000 ton graan aan arm Afrikalande geskenk, maar die vrag het nie daar uitgekom nie, weens die oorlog. Zelenski het erken dat hy die graankorridor gebruik om sy onbemande moordtuie te gebruik vir aanvalle in die Swart See.

gatgogga ·

Ons kry niks? S0, Rama se gekruip baat hom niks. Kan nie eers by sy kaders kom spog met iets nie. Ha ha ha.

piet ·

Ons gaan kry maar nie verniet nie. Hoekom moet ons dit verniet kry as ons daarvoor kan betaal? Hierdie is duidelik om daai lande spesifieke van hongersnood te red.

Gaitsigubib ·

Die kruks sluip weer ongesiens verby. Sjina bou nou 8000 skole in Irak in ruil vir Olie. Die grootse bou projek, na die Piramides van Giza, ek dink 0.5 Triljoen USD, word deur hulle finansier in Saudi Arabia. Die pendulum van mag het reeds geswaai van die Weste na die Ooste. Sjina is besig om die olie deal van 1972 te heronderhandel met Saudi Arabia, sodat US Dollar nie meer gebruik gaan word vir Olie aankope nie. Die Weste het reeds hulle kans verspeel. n Verbande boek wat ek gelees het jare terug het, het gese dat as n sekere persoon aan bewind kom sal nie net SA nie, maar die hele wereld val in die greep van kommunisme. Min mense definieer egter kommunisme korrek. Ek se niks oor Rusland nie so moennie my skrywe verstaan, as n verouderde poging om Rusland vir al ons probleme te beskuldig nie. Ons was in elkgeval in n ekonomise death spiral, lank voor die konflik in die Ooste.

Dirk ·

As jy Putin ondersteun, dan ondersteun jy wat die ANC en EFF aan SA en sy ware burgers doen. JY ondersteun dan kriminele, leuenaars en moordenaars.

MARTIE ·

Hulle gaan nog uitvind hulle gaan ‘n baie hoë prys vir daai verniet graan betaal.

Johan ·

Dieselfde prys as wat hul aan die Weste die afgelope 70 jaar betaal…ek glo nie. Die Weste vernietig en verslaaf die wat hul “help”. Waar het Sjina enige Afrika land verslaaf, destabiliseer of geplunder….noem dit ASB. Waar hulle help is dit hulp.

Althes ·

Wat is ñ korreltjie graan in vergelyking met die miljarde rande wat met Agoa ooreenkoms behaal kan word?
Ja nê!!

Johan ·

Die weste is klaar. Waar het Sjina of moderne Rusland enige Afrika land verslaaf, destabiliseer of geplunder….noem dit ASB. Waar hulle help is dit hulp in ruil vir hulpbronne, nie skuld wat nooit terug betaal kan word nie.

Hendrik ·

Hoe lui die ou gesegde? Die ou wie se brood ek eet se woord sal ek spreek …

Johan ·

Putin is n beter leier as enige westerse leier. Julle sal baie vinnig moet wakker word en besef dat die Weste verby is, het julle niks uit die C19 regulasies geleer nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.