Graanooreenkoms tot niet ná Rusland weier om te hernu

Rusland se president, Wladimir Poetin. (Foto: Alexander Kazakov/Sputnik/AFP)

Die ooreenkoms wat Oekraïne toegelaat het om graan verby Rusland se oorlogskepe in die Swartsee na die res van die wêreld, waaronder Afrika, uit te voer, het Maandag in die hek geduik nadat Rusland geweier het om dié ooreenkoms te hernu.

Die Verenigde Nasies (VN) het gewaarsku dat miljoene van die wêreld se armstes “die prys sal betaal” vir dié besluit.

Rusland se inval in Oekraïne verlede jaar het Oekraïne se uitvoere gestuit totdat ʼn ooreenkoms, wat in Julie verlede jaar danksy die VN en Turkye bemiddel is, die deurgang van kritieke besendings graan toegelaat het.

Rusland het Maandag bevestig dat hy nie die ooreenkoms gaan hernu nie, aangesien die struikelblokke in die pad van sy eie uitvoere, wat die ooreenkoms uit die weg moes help ruim, nooit nagekom is nie.

“Die graanooreenkoms is beëindig. Sodra Rusland se deel [van die ooreenkoms] nagekom word, sal Rusland weer na die ooreenkoms terugkeer,” het Dmitri Peskov, woordvoerder van die Kremlin, gesê.

Antonio Guterres, sekretaris-generaal van die VN, sê Moskou se stap sal “ʼn slag vir mense in nood” wees.

“Hongersnood staar honderde miljoene mense in die gesig en ʼn wêreldwye lewenskostekrisis wag op verbruikers. Húlle sal die prys betaal,” het Guterres aan verslaggewers gesê.

Oekraïne se president, Wolodimir Zelenski, sê sy land is bereid om met die uitvoer van graan deur die Swartsee voort te gaan ondanks Rusland se onttrekking aan die ooreenkoms.

“Ons is nie bang nie. Ons is genader deur maatskappye wat skepe besit. Hulle het gesê hulle is gereed om met die uitvoere voort te gaan,” sê Zelenski.

Rusland se onttrekking kan daartoe lei dat sy skepe graanuitvoere verhinder deur Oekraïense hawens te versper.

Oekraïne het Dinsdag gesê hy het lugafweerstelsels in die Odessa-streek geaktiveer nadat Rusland aanvalshommeltuie in die streek ingespan het. Odessa is die tuiste van hawens wat die sleutel is tot Oekraïne se graanuitvoere.

Oor die afgelope jaar het die graanooreenkoms die uitvoer van meer as 32 miljoen ton graan uit Oekraïne moontlik gemaak.

Die VN sê die laaste skip wat Oekraïense graan deur die Swartsee vervoer het, is Maandag ʼn paar uur voordat die ooreenkoms verstryk het, in Istanbul geïnspekteer.

‘Voedsel as wapen’

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Couleur/Pixabay)

Ursula von der Leyen, hoof van die Europese Kommissie, het Rusland se “siniese” besluit veroordeel, terwyl die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken, sê Rusland se “gewetenlose” optrede is die gebruik van “voedsel as wapen”.

Guterres het op sy beurt gesê Rusland se besluit sal nie die VN se pogings stuit om wêreldmarkte “onbelemmerde toegang” tot voedsel en kunsmis uit Oekraïne en Rusland te gee nie.

Die ooreenkoms het die VN se Wêreldvoedselprogram gehelp om verligting te bring aan lande met kritieke voedseltekorte soos Afghanistan, Soedan en Jemen.

Volgens data van die Gesamentlike Koördineringsentrum, wat die ooreenkoms gemonitor het, is China en Turkye egter die belangrikste begunstigdes van die graanuitvoere, asook ander ontwikkelde ekonomieë.

Guterres het die afgelope ruk gespook om die ooreenkoms te laat hernu, maar sê hy ondersteun wel Rusland se standpunt dat die hindernisse in die pad van eie uitvoere verwyder moet word voordat die ooreenkoms heroorweeg kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Katinka ·

Ek stem saam met Rusland, hoekom moet hulle altyd aan die kortste end trek.

Althes ·

Poetin het dit oor homself gebring, hy is alles behalwe die slagoffer.
En volgens gerugte ontvoer sy weermag ook Oekranië se kinders.
Nee wat hy is vol suur druiwe

Gaitsigubib ·

Al wat Putin wou he was vir Oekraine om neutraal te bly. Mens sou dink dis normaal as iemand op jou grens goeie buurmanskap wou he. In plaas daarvan wou hulle in n vyandiggesinde militere aliansie gaan met Nato. Hierdie vyandigheid het opgevlam nadat Rusland nie sy toestemming wou gee m.b.t die VSA se inval in Irag nie. Later het die leuns van die CIA oor kastige “weapons of mass destruction’ in Iraq, wereldwyd bekend geword. Tony Blair moes bedank, maar in die VSA het niks gebeur nie….

Michael ·

Hierdie “gerugte” waarna jy verwys is propaganda van die hoofstroommedia-dis nie waar nie. Zelenski en Biden is die oorlogsmisdadigers-verbysterend dat mense vandag nog glo wat die HM kwytraak

JohanR ·

Ummm Katinka wie het vroeg 2022 150000 troepe en hulle wapens op die Oekraine grens gehad. Oekraine? Nee Rusland!

Manie ·

Ek glo Rusland kan dieselfde vra oor Navo in Oekraìne en op die Russe se voorstoep?

STEVE ·

Nou is Rusland weer die vark in die verhaal. As ‘n ooreenkoms aangegaan word, moet albei partye tog dit eerbiedig?

Hendrik ·

Die feit is daar is n ooreenkoms aangegaan en as hd ooreenkoms verbreek is dan is dit sekerlik die reg om dit tot niet te verklaar en Rusland is selfs bereid om weer te onderhandel. Die ganse wereld moet ywer om so spoedig as moontlik vrede te herstel. Hoe daar ooit weer vrede tussen Rusland en die Weste sal wees is byna onmoontlik en dit sal sekerlik baie nadelige gevolge internasionaal inhou.

Andrew ·

Iet wat oordrewe. In 2020, voor die oorlog het Oekraïne maar 3% van die wereld se graan geproduseer sowat 25 miljoen ton. Die 32miljoen ton sou ook dus n rekord oes vir hulle wees laas jaar , maar daar gelaat. Die wereld gebruik 793 miljoen ton per jaar. die wereld het in die laaste jaar 2, 250 miljoen ton geproduseer. Hoe gaan 3,2 miljoen n terkort op n oorskot van n oor n biljoen ton n impak op die armes he? En wat is sanksies se uitwerking op die wereld se hongerste as hulle so wil redeneer, Rusland is die 3rde grootste produsent? Meskien het die koppel van graan aan “futures” ander bank ontwerpte modelle deur die weste n groter impak op die prys en die armes.

marius ·

Hoeveel voorheen benadeeldes plant hier of in die res van afrika graan?

etienne ·

daar is mos n ooreenkoms!, nou waarom moet net rusland hulle deel van die ooreenkoms nakom. Dis weereens omrede NAVO probeer om wereld beheer toe te pas.

annie ·

Zelensky speel ‘n sluwe spel van martelaar maar hy versper Russiese graanuitvoere. Die Ukraïne
voer sy graan uit na Europese lande wat Navo ondersteun. Russiese graan na Afrikalande sukkel om daar uit te kom.

Martie Smartie ·

En waar kom u hieraan? Die berig dui aan dat China een van grootse invoerders v Oekraine se graan is. In anyway n storm in n teekoppie. Die plaaslike ketting winkels gaan dit nogtans misbruik om pryse weer op te jaag.

HPJ ·

Rusland het sy deel naggekom Dit is die Weste wat lieg en bedrieg Ukraine se graan is goedkoop in EU verkoop Russies kunsmis wat deel van die ooreenkoms was is nog steeds geblok Verder word. Jy aan jou vriende geken So die DA (ANC LIGHT)wat gerreld die Weste se skoene soen kan ook nie vertrou word nie

capie ·

Baie maklik vir Rusland om sy uitvoere te hervat. Verwyder net jou invallers uit Oekraïne en siedaar. Rusland is die agressor, nie Oekraîne nie.

A ·

Konserwatiewe Afrikaners wanneer voedsel uotvoere gekeer word:

“Wonderlike nuus! Ek staan saam met Rusland! Ek is so jaloers dat Zuma soveel tyd met Putin spandeer, ek wens dit was ek!”

Anna-marie ·

Die graan ooreenkoms het verval en volgens Peskov (Rusland se segsman) gaan Rusland dit nie hernu nie tensy daar verskeie voorwaardes deur Oekraiene nagekom word: Oekraiene moet stop om die Black Sea Corridor te gebruik om wapens deur te smokkel en van daar af aanvalle op Crimea te loots.

Gaitsigubib ·

Dis nogal intersant dat daar beweer word dat die “Russe” hul eie dam en enigste blon van water in die Ooste van die land opgeblaas het. Sonder hierdie dam is voedselproduksie d.m.v kannale in die Ooste van Oekraine nie moontlik nie. Nou moet Rusland spring sodat Oekraine normaal kan produseer. Hulle redenasie is belaglik.

andre ·

Ek stem saam met Rusland . Alle voorspoed aan diegene wat daarvan hou om by nie by die reels te hou nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.