Poetin se raadgewers speel glo nie oop kaarte

Die Russiese president Wladimir Poetin (Foto: Mikhail Klimentyev / SPUTNIK / AFP)

Die Russiese president Wladimir Poetin se raadgewers is te bang om vir hom te sê dat sy oorlogstrategie in Oekraïne misluk het. Só meen die direkteur van die Government Communications Headquarters (GCHQ), ʼn Britse intelligensieagentskap.

Jeremy Fleming glo Poetin het sy land se inval van Oekraïne “grootliks verkeerd beoordeel”. Ook die Withuis het vroeër vandeesweek aangevoer dat Poetin se raadgewers hom “verkeerd ingelig” het omtrent die Russiese magte se vordering in Oekraïne.

Westerse intelligensiebronne is egter vinnig om Rusland se beweerde mislukkings en die verdeeldheid binne Poetin se binnekring uit te lig.

“Die Russiese leier het sy eie weermag se vermoë om ʼn vinnige oorwinning te verseker oorskat,” het Fleming Donderdag in ’n toespraak in Australië gesê.

“Ons het gesien hoe Russiese soldate – met ’n gebrek aan wapens en moraal – weier om bevele uit te voer, hul eie toerusting saboteer en selfs per ongeluk een van hul eie vliegtuie afgeskiet het.

“En al is Poetin se raadgewers bang om hom die waarheid te vertel, moet wat besig is om te gebeur en die omvang van hierdie mistasting vir die regime glashelder wees,” het Fleming gesê.

Samesprekings tussen Rusland, Oekraïne

Daar word intussen gesê dat die Russiese minister van buitelandse sake, Sergei Lavrov, en sy Oekraïense eweknie, Dmytro Kuleba, moontlik in die volgende twee weke sal vergader oor die konflik tussen dié twee lande.

Rusland en Oekraïne het Maandag weer vredesonderhandelinge voortgesit nadat verskeie rondtes van samesprekings reeds misluk het.

“Daar kan binne ’n week of twee ʼn vergadering op hoër vlak wees, ten minste op die vlak van ministers van buitelandse sake,” het die Turkse minister van buitelandse sake, Mevlut Cavusoglu, gesê.

“Wat saak maak is dat die twee partye saamkom en ooreenkom op ʼn blywende wapenstilstand. Ons wil graag as ʼn eerlike bemiddelaar ʼn vergadering van ministers van buitelandse sake voorstel.”

Busse na Marioepol

Die Oekraïense regering sê hy gaan 45 busse na Marioepol stuur om burgerlikes uit dié beleërde stad te verwyder nadat Rusland ’n plaaslike wapenstilstand daar afgekondig het.

ʼn Humanitêre deurgang sal nou na die dorp Zaporizhzhia oopgemaak word met behulp van die VN se vlugtelingagentskap en die internasionale Rooi Kruis (ICRC).

Verskeie pogings om burgerlikes uit die stad te help vlug, het egter al voorheen misluk.

Die Oekraïense president Wolodimir Zelenski glo ook nie dat Rusland sy woord gestand gaan doen en sy weermagaktiwiteit naby die hoofstad Kiëf drasties gaan afskaal nie.

“Ons glo niemand nie, nie ʼn enkele pragtige frase nie.”

Volgens Zelenski is Russiese troepe is tans besig om te hergroepeer om die oostelike Donbas-streek aan te val.

Owerhede in Chernigiv sê die gebied is verlede nag weer gebombardeer ondanks Rusland se belofte om militêre aktiwiteite daar en in die hoofstad af te skaal.

Verslaggewers van AFP het gereeld ontploffings in die rigting van Irpin, ’n voorstad van Kiëf, gehoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Swerwer ·

Waarom gaan Poetin nie self en kyk wat aangaan nie, sekerlik te bang om sy eie veiligheids zone te verlaat. Tipies, kommunis, stuur ander om sy vuilwerk te doen.

Karel Kobus Kruger ·

Die laaste Engelse koning wat op die slagveld dood is, was Richard III in 1485. Sedert daai dag was daar waarskynlik nog enkele gevalle, maar oor die algemeen is staatshoofde (kommunisties, kapitalisties, noem maar op) geseënd met sommer baie bang hare op hul hoofde.

Josua ·

Ek hoop nie jy verwys na Putin nie, daai man is n opgelyde soldaat en sal enige tyd die wapen opneem as dit hom beskore is hy was n gehuime agent ook en is alles behalwe bang.

Julius ·

Oekrianë is platgeskiet maar Rusland verloor die westerse media oorlog. Wat ‘n grap. Poetin weet presies wat daar aangaan en hy gee die opdragte. Zelenskie is lankal landuit. Navo bewe, want hulle swakheid kom nou deur.

Josua ·

Wat die mense nie besef nie is dat Putin Ukraine plat kon skiet maar het die mense kans gegee om die plekke te verlaat wat hulle wou vernietig juis om so min moontlik onnodige sterftes te veroorsaak en het baie strategies opgetree maar dit is nie wat vir die wereld vertel word nie, hulle het geboue ens plat geskiet maar met goeie rede glad nie Ukraine totaal verwoes nie want hy het geweet dat die herstel van Ukraine baie geld gaan kos en daarom strategies te werk gegaan.

Thom ·

Nog een wat nog geswem het toe ons teen die Russe geveg het.

Cherokee ·

Strooi! Nie eens kommas en punte sou die strooi verwyder nie.

Pitbul ·

Stem saam ek kan enige iets skryf en 50% van die wêreld glo my “ink op papier is geduldig”

Thom ·

Navo bewe oor ‘n weermag wat by Ukraïene slae kry !? Jy is regtig snaaks !)

Marthinus W ·

Hoe weet die Britte dat Poetin se raadgewers hom nie wil inlig nie? Almal in die media, insluitende Leopold en Jaco, het Rusland gemeet aan die Amerikaanse manier van oorlog maak. Indien jy Amerikaanse oud-soldate soos Scott Ritter en Douglas Macgregor se evaluerings lees, was Poetin uiters suksesvol.

Pieter J ·

Ek het nog altyd gedink Putin het nie ń goeie weermag nie. Mense wat nie geleer het om vir hulself te dink nie kan nie goeie soldate wees nie. Rusland se regerings was egter nognooit skaam om hul soldate onnodig op te offer nie.

Marthinus W ·

Op russia-insider.com is daar artikels oor die huidige Russiese weermag. Die webwerf is geskep deur n Amerikaner van Pennsylvania., wat in Rusland gewerk het as beleggingsbankier [iemand wat moet weet wat aangaan, voor hy jou geld bele]. die wanpersepsie van Rusland het hom juis genoop om die sluier te lig.

Andre ·

Pieter J, jy dink seker aan die vsa en Afghanistan se slagvelde.

Wielspore ·

Toe ek die berig lees dink ek terug aan ‘n liedjie van Taco met die naam van Puttin’ On the Ritz. Die lied begin met die woorde, If you’re blue, and you don’t know where to go to….. en dit is waar Poetin hom tans bevind, teleurgesteld…..
Die morele waardes van die Russiese soldate het Poetin se oorlog gierigheid oorweldig want indirek is daar van die soldate verwag om hulle eie familie en vriend dood te maak ter wille van een persoon se mal denke en opdragte.

Andre ·

“Nice try”. Maak eerder reg vir die einde van die petro-dollar. Putin vang die Weste met hul eie boikotte.

Carolina ·

Enigiemand wat luiter na enige verslag van die westerse media moet hulle koppe uit die sand haal – hulle praat die grootste klom snert wat ek nog gehoor het! Die Ooste sit die weste ore aan met al hulle wokeness!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.